Home » Archive

Articles in the Arts & Culture Category

Arts & Culture »

[1 Aug 2016 | No Comment | ]
Nuwe Besturende Direkteur

Die Direksie van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting het aangekondig dat Cecilia Kruger as die nuwe Besturende Direkteur van die twee instansies vanaf 1 Julie 2016 aangestel is.
As die Senior Bestuurder: Erfenisbewaring, het Cecilia Kruger sedert November 2015 as Besturende Direkteur waargeneem.
Me Kruger het in 2000, na 15 jaar in erfenisbewaring en museumwese, saam met genl Gert Opperman by die Voortrekkermonument ingeval en was onder andere verantwoordelik vir die vestiging en uitbou van alle vakkundige dienste op die terrein.
Sedert die totstandkoming van die Erfenisstigting in 2002 is sy ook betrokke by …

Arts & Culture »

[1 Aug 2016 | No Comment | ]
SA Tourism Minister honoured by Germany

Germany recently awarded the country’s highest honour to South Africa’s Minister of Tourism, Derek Hanekom.
The Order of Merit was conferred on Minister Hanekom by Ambassador Walter Lindner, on behalf of Federal President Joachim Gauck at a ceremony held in Pretoria.
The Order of Merit is the highest tribute that Germany pays to individuals for their political, economic, social and intellectual achievements.
Ambassador Lindner said the Order of Merit was made in recognition of Minister Hanekom’s contribution to cooperation between Germany and South Africa during his tenure as Minister of Science and Technology.
Minister …

Arts & Culture »

[1 Aug 2016 | No Comment | ]
Ikoon op Verhoog vir Kindersorg

Die kabaret-ikoon, Nataniël, bied op 27 Julie 2016 ‘n spesiale konsert ten bate van Child Welfare Tshwane aan.
Die organisasie versorg sedert 1918 weerlose kinders in die stad en is in Groenkloof, Pretoria geleë.
Child Welfare Tshwane gee daagliks ‘n gebalanseerde ete aan nagenoeg 650 kinders by dienspunte in Mamelodi, Eersterus, Sunnyside, Elandspoort, Atteridgeville en Olievenhoutbosch en versorg ook 45 kinders by die 24-uur residensiële sorgfasiliteit, Bramley Kinders en Jeugsorgsentrum.
Die konsert vind by Utopia Place in Lynnwood plaas en begin om 20h00.
Daar sal egter vooraf sjerrie, sop en broodjies bedien word en …

Arts & Culture »

[1 Aug 2016 | No Comment | ]
Wintermusiekaand weer groot sukses

Die Centurion Raad vir Bejaardes (CRB) het onlangs weer eens ‘n baie suksesvolle jaarlikse fondsinsamelingsfunksie by die Lytteltonse Dienssentrum, Centurion gehou.
Die Wintermusiekaand is vir die 21ste keer aangebied en is al die gaste deur die voorsitter van die CRB, pastoor Steve Fereirra verwelkom.
Die stampvol saal was gevul deur plaaslike besigheidsmense wat hulle beursies groot oopgemaak vir Bobby Locke wat weer as afslaer vir die vyftien geborgde wynbottels asook ‘n gemonteerde skoen van Francois Steyn opgetree het.
Die bestuurder van die Lytteltondiensentrum, Sandra Theron het hom weer bygestaan.
‘n Heerlike driegang maaltyd …

Arts & Culture »

[1 Aug 2016 | No Comment | ]
Applous vir Applous 40

Die ATKV Applous Koorkompetisie is vanjaar vir die veertigste jaar aangebied.
‘n Totaal van 185 skole in Suid-Afrika het vanjaar vir die Koorkompetisie ingeskryf waarvan 48 hoër- en laerskoolkore in Pretoria deelgeneem het.
Vrywillige kultuurwerkers van Pretoria is al vir baie jare met die kompetisie behulpsaam.
Marina Mentz is van 1992 betrokke en Bessie Keun is die afgelope drie jaar streekorganiseerder en sedert 1999 organiseerder van Applous.
Prof. Petru Grabe is sedert die ontstaan van Applous as hoofbeoordelaar landswyd betrokke.
Johan Esterhuizen (ATKV Hoofkantoor Randburg, is vir die afgelope tien jaar die voltydse projekorganiseerder.
Attie Rossouw …

Arts & Culture »

[1 Aug 2016 | No Comment | ]
ATKV loof produksiespan en akteurs

Die vyf-en-veertigste en laaste verhoogproduksie van “Sneeuwitjie” het op 12 Junie 2016 in Kemptonpark plaasgevind.
Sakkie Kotze van die ATKV het aan die einde die vervaardigers, die produksiespan en al die akteurs gelukgewens met ‘n puik Afrikaanse produksie – vol humor en in hedendaagse idioom.
Hy het blommeruikers aan Angela Kilian as “Koningin Narsissa” en Nadine as “Sneeuwitjie”, asook ‘n eetgoed-geskenk aan Reynard Slabbert as “Prins Adriaan van Adelaarskloof” oorhandig.
Nadine is jarelange lid van die ATKV Centurion Musiekforum en sy het ook in die buiteland opgetree en bekendheid in Nederland, België en …

Arts & Culture »

[1 Aug 2016 | No Comment | ]
Verjaarsdagkonsert vir Dr Mimi Coertse

Dr Mimi Coertse het haar 84e verjaarsdag op 12 Junie 2016 gevier.
Die ATKV Centurionsangers en die Cantare Kinderkoor het haar met‘n verjaarsdagkonsert in haar huis gaan verras.
Die Cantare Kinderkoor het van haar bekendste Afrikaanse kunsliedere gesing.
Die ATKV Centurionsanger, die tenoor Coert Grobbelaar, het die Afrikaanse lied “Heimwee” gesing.
Rudolf Geldenhuis was die begeleier op haar wit vleuelklavier.
John Roos, voormalige direkteur van Musiek by Unisa het ook die geleentheid bygewoon.
Sakkie Kotze (ATKV Centurion voorsitter) het opgemerk dat baie van ons sangers lewenslesse by haar oor stemkwaliteit en stembeheer, openbare optrede, professionaliteit en …

Arts & Culture, Competions »

[1 Jun 2016 | No Comment | ]
Marius Landman verryk met sy gospel albums

Marius Landman is ‘n sanger wat al vir die 23 jaar voltyds internasionaal country gospel sing.
Hy is voorheen van Mosselbaai maar het einde verlede jaar na Centurion verhuis.
Marius tree gereeld by kerke, troues en ander funksies op en is ook by verskeie winkelsentrums te sien waar hy die publiek met sy goue stem vermaak.
Sy CD’s bevat geliefde saamsing liedjies soos Amazing Grace, How great thou Art, Precious Lord take my Hand asook Royal Telephone.
Van sy liedjies kan ook op sosiale media soos sy Facebook bladsy geluister word.
Marius is opgewonde oor …

Arts & Culture »

[20 Apr 2016 | No Comment | ]
Afrikaans breek internasionale grense – FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het onlangs die heel eerste Internasionale Afrikaanse Skole-Ekspo geloods.
Die aktrise en dogter van Elize Cawood en Wilson Dunster, Jenna Dunster, is vanjaar die ambassadeur van die projek en glo dat die projek baie kan doen om die liefde vir Afrikaans onder skoolkinders van graad 6 tot graad 12 te kweek.
Volgens Johan Jansen van Vuuren, Projek- en kommunikasiebeampte by die FAK, is dit die eerste keer dat die Afrikaanse Skole-Ekspo, wat al vir vier jaar deur die FAK aangebied word, op ’n internasionale front gaan …

Arts & Culture »

[20 Apr 2016 | No Comment | ]
Nuwe Afrikaans-Vriendelik-projek vir die sakewêreld

Die Afrikaans-Vriendelik- projek is onlangs deur Afriforum bekendgestel.
Die doel van die projek is om Afrikaans in die sakewêreld te bevorder deur erkenning en gratis bemarking aan Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers te gee.
Die projek behels die voortdurende uitbou van ʼn databasis van ondernemings wat in Afrikaans diens lewer.
Deur ʼn webwerf kan enige lid van die publiek toegang tot die databasis verkry wanneer hulle na Afrikaanse dienste of produkte soek, of ondernemings wat Afrikaans bevorder, vir insluiting wil nomineer.
Die webwerf gradeer die besighede op grond van al die wyses waarop hulle Afrikaans …