Home » Archive

Articles in the Schools Category

Schools »

[1 Jun 2016 | No Comment | ]
Laerskool Wierdapark se onderwysers presteer as skeidsregters

Rugby: Gavin Bailey het as ‘n Top 10 Bloubulskeidsregter gekwalifiseer. Dit het jare se harde werk en onder andere ‘n teoretiese eksamen, praktiese evaluering en fiskheidstoets ingesluit, wat hy alles met lof geslaag het. Hy is nou deel van ‘n prestigespan wat as skeidsregter kan optree met Cravenweek, uitspeelwedstryde, ligafinale en onverbonde eerstespanwedstyde. Sy raad aan ander skeidregters is: “No guts; no glory!”
Netbal: Isabel du Piesanie is deur International Netball Federation as streekskoördineerder (ROC) vir Afrika aangestel. Haar werk behels die ontwikkeling en bestuur van talentvolle netbalskeidsregters in …

Schools »

[1 Jun 2016 | No Comment | ]
Wierdas doen dit weer!

Laerskool Wierdapark is vir die tweede agtereenvolgende jaar, gesamentlik die wenners van Super 12 rugby en netbal.
Die 0/11A-rugbyspan het weggestap as wenners van hul finaal met ‘n wegholoorwinning van 19 – 0.
Die netbal is vir die tiende agtereenvolgende jaar die algehele wenners van die Super 12 netbal. Vier spanne wen hul afdelings en een span verower ‘n bronsmedalje.
By Wierdapark is die afrigters, spelers en ouers betrokke en is daar ‘n netbalkultuur van uitnemendheid onder die bekwame leiding van Christa Kruger, netbalorganiseerder vir die afgelope 11 jaar.
‘n Bydraende faktor tot …

Schools »

[20 Apr 2016 | No Comment | ]
Hoërskool Zwartkop verteenwoordig op Junior Stadsraad van Pretoria

Die Junior Stadsraad van Tshwane (JCC) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die jeug en gemeenskap van Tshwane Metropolitaan dien.
Die lede van die JCC bestaan uit verteenwoordigers van 37 skole oor die hele Tshwane Metropolitaanse gebied.
Die ampstermyn is vir twee jaar, wat een Graad10 en een Graad11 leerder insluit. Pieter Schoeman (tans hoofseun van Hoërskool Zwartkop) lê nou sy ampstermyn van 2 jaar af en Heinrich Nienaber, Graad10 is nuut verkies as Junior Stadsraadslid.
Sarel Bester, Graad11 dien nou vir die tweede jaar op die JCC.
Hoërskool Zwartkop is baie trots op …

Schools »

[20 Apr 2016 | No Comment | ]
Laerskool Swartkop stig Liefdadigheidskomitee

Die Laerskool Swartkop se Graad 7 leerlinge wat betrokke is by hulle skool se Liefdadigheiskomitee het op onlangs ‘n besoek by die Tshwane Diere Beskerming Vereniging (DBV), Centurion gebring.
Hulle het kos, komberse, allerhande diereprodukte en selfs ‘n paar hondehokke ingesamel en gaan aflewer.
Hierdie is die eerste jaar wat die skool ‘n liefdadigheidskomitee geskep het en was die eerste projek wat met die hulp van die leerders, onderwysers en ouers ‘n groot sukses.
Die personeel van die DBV het hulle verwelkom en hulle geleer wat dit behels om in die omstandighede te …

Schools »

[20 Apr 2016 | No Comment | ]
Naaswenner van Super 12 Redenaarskompetisie

Laerskool Wierdapark was die naaswenner van die Super 12 Redenaarskompetisie wat op 4 en 5 Maart 2016 plaasgevind het.
Die sprekers het weereens hul staal gewys en hulle puik van hul taak gekwyt.
Vier van die individuele sprekers, asook die Graad 7-span, het na die finale rondtes van hul onderskeie afdelings deurgedring.
Christiaan Roux (Graad 7) was die wenner van die Graad 6- en 7-afdeling en Carla Hugo (Graad 6) het die tweede plek in hierdie afdeling behaal.

Schools »

[20 Apr 2016 | No Comment | ]
Leerlinge deel van Simfonia Juventi simfonie-orkes

Vier van Hoërskool Zwartkop se leerders is vanjaar gekies om deel te wees van die prestige Simfonia Juventi simfonie-orkes.
Musikante van Gauteng, Limpopo en Noord-Wes neem, onder leiding van professor Fanie Jooste het aan die streng oudisies wat gedurende Januarie plaasgevind het, deelgeneem.

Schools »

[20 Apr 2016 | No Comment | ]
Silwer medalje vir kranige tennisspeler

Ronelle Naudé, graad 12-leerling aan die Hoërskool Eldoraigne het onlangs aan die SA-tenniskampioenskappe as lid van die Gauteng-Noordspan deelgeneem.
Sy het in die enkelspel kampioenskappe tot die finaal deurgedring en ‘n silwer medalje verower.
Sestien spanne wat al die SA Provinsies en Zimbabwe verteenwoordig het, het aan die kampioenskappe deelgeneem en alhoewel Gauteng-Noord tot die finaal deurgedring het, het hulle teen Gauteng-Sentraal verloor.

Schools »

[15 Mar 2016 | No Comment | ]
Beste baanatleet

Nadia Steynberg, Graad 8 leerling aan die Hoërskool Zwartkopis tydens die Bethal Top 10 Atletiekbyeenkoms, wat op 3 Februarie 2016 plaasgevind het, as die beste baanatleet van die byeenkoms met ‘n wentyd van 02:20.00 in die 800m D0/14, aangewys.
In die daaropvolgende week is sy tydens die Top 10 byeenkoms, deur die Hoërskool Noordheuwel by die Universiteit van Johannesburg aangebied, as die beste Junior baanatleet met ʼn wentyd van 02:16.00, aangewys.

Schools »

[15 Mar 2016 | No Comment | ]
Talentvolle klavierspeler

Daniel Obermeyer, ‘n Graad 6-leerling aan Laerskool Wierdapark, het onlangs die Hennie Joubert Merits-toekenning vir klavier by UNISA verwerf. Slegs die twee top nasionale UNISA-kandidate per graad gekwalifiseer vir hierdie toekenning.

Schools »

[15 Mar 2016 | No Comment | ]
Fietsryer se uitsonderlike prestasie

JP Lloyd, ‘n Graad 10 leerling aan die Hoërskool Zwartkop het gedurende Februarie 2016 aan die “Summer Fast One”, SA Padfiets-kampioenskappe en aan die “SA Time Trial Cycling” kampioenskap deelgeneem.
Hy het onderskeidelik in hierdie drie resies ‘n derdeplek, tiende plek en tweede plek behaal
Op 21 Februarie 2016 het JP aan die “Carnival City Cycling Race” deelgeneem en eerste die wenstreep oorgesteek.
Sy volgende deelnames en prestasies word met groot verwagting dopgehou.