Home » Archive

Articles Archive for July 2009

Editorial »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
From the editor

Winter is with us but the icy cold did not stop our sport-mad public to support T20 cricket, Confederation Cup and the British Lions spectacular rugby tour to this country.
In between there is F1 Grand Prix, Tennis and not forgetting the Comrades Road Race.
This all makes me smile because it shows that there is one big nation that can and do stand together when it counts.
Winter also mean that there are those who cannot afford warm clothes, roofs over their heads or even a warm meal.
We urge all to make …

Community »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
SAWA-Kiepersol doen skenking aan Raad vir Bejaardes

Op 17 Junie 2009 het die SA Woonwa-Assosiasie Kiepersolstreek ‘n bedrag van R1630-23 aan die Centurion Raad vir Bejaardes geskenk.
Hennie Ferreira, voorsitter van SAWA-Kiepersol het met die oorhandiging gesê dat die bydrae daarop gerig is om die nood van bejaardes in die gemeenskap te probeer verlig. SAWA-Kiepersol kampeer op ‘n gereelde basis tydens naweke waartydens daar eredienste gehou word. By geleentheid word dankoffers gegee wat vir liefdadigheid aangewend word.
Dr Elma Kruger: Direkteur CRB ontvang die bydrae van Hennie Ferreira, Voorsitter van SAWA-Kiepersol

Community »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
Senior Burger van die Jaar 2009

Met die Algemene Jaarvergaardering van die Centurion Raad vir Bejaardes is mev Jessie La Grange vereer as die SeniorBurger van die Jaar.
Die Beskermheer van die Raad, mnr Tinus Strydom het haar beskryf as ‘n ware senior rolmodel en vir die gemeenskap ‘n groot bate. Jessie is reeds vir 21 jaar inwoner by Monumentsig Aftree-oord waar sy onder andere vir jare as Voorsitter van die Bestuursraad van die oord gedien het.
By CRB het sy bekwame insette gelewer. Na haar man se afsterwe het Jessie haar gewig onder andere ingegooi by die …

Community »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
Swembaddens moet gereeld aandag kry

In die winter vervaag die herinneringe van somerjolyt in die swembad. Die swembad se onderhoud in die wintermaande is net so belangrik omdat dit groot onkoste, tyd en moeite kan bespaar.
Behoorlike onderhoud gedurende die wintermaande voorkom die mees algemene swembad probleme. Groen, swart of troebelwater, die reuk van chloried, vlekke, verstopte filters is maar net party van die probleme wat algemeen voorkom in swembaddens.
Onvoldoende watersirkulasie, ongereelde waterkwaliteittoetse en die versuim van swembad onderhoud kan op die lange duur baie geld kos en ongelooflike frustrasie veroorsaak.
‘n Goeie idee is om …

Community »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]

In die eerste kwartaal het 179 000 werks-geleenthede in Suid-Afrika verlore gegaan. Die tweede kwartaal se syfers gaan waarskynlik net so sleg lyk indien nie swakker nie.
Waarom is daar in hierdie moeilike tye talle werkers wat staak en dreig om die land ekonomies tot stilstand te bring? Die mediese dokters en sommige werkers het goeie rede om ongelukkig te wees. Daar teenoor staak werkers om die Konfederasie Bekertoernooi of die 2010 Sokker Wêreld-beker te misbruik vir eie selfsugtige voordeel.
In Beijing China was daar tydens die Olimpiese Spele 100 000 vrywillige …

Arts & Culture »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]

Eleanor Bron

AfriForum en SASCO het op 16 Junie 2009 gesamentlik die Eerste Nasionale Jeugkonferensie aangebied. Die onderwerp van die eerste konferensie het gehandel oor regstellende aksie.
Die gasspreker by die konferensie was Dr. Dirk Herman van Solidariteit.Hy het tydens sy toespraak gefokus op die frase “Free our youth from affirmative action”. Volgens hom het regstellende aksie ‘n negatiewe invloed op die jeug en wil die jeug op grond van meriete werk kry. Hy het ook gesê dat die einddoel van regstellende aksie moet verander.
In die opsig is sy aanbeveling dat regstellende …

Arts & Culture »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
Jeug skenk kos en klere

Jeug van die ATKV Centurion Jeugleiersforum, NG-gemeente Lynnwoodrif en die Junior Stadsraad van Pretoria het saamgespan om tydens Junie as Jeugmaand, kos, klere en komberse vir minderbevoorregte jeug in te samel.
Tydens ATKV Centurion se onlangse baie geslaagde Kultuuraand by die Voortrekkermonument, was ‘n kospakkie vir minderbevoorregtes die toegangsfooi.
Die Junior Stadsraadslede het weer by hul onderskeie skole kos en klere ingesamel.
Vlnr: Trudie Theunissen en Cornelia Havenga (ATKV Centurion Jeugleiersforum); EJ Leach (NG-gemeente Lynnwoodrif); Elana van Rooyen en Wilhelm Henning (Junior Stadsraad van Pretoria).
Elana is ook Hoofmeisie van Hoërskool Waterkloof.

Community »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
UP kry nuwe lesinglokaal

Eleanor Bron

Die nuwe lesingkompleks by die Universiteit van Pretoria is op 17 Junie 2009 amptelik deur Prof. Calie Pistorius geopen.
Die Eeufees gebou is in 2008 voltooi en val saam met die Universiteit se honderdste bestaansjaar. Die gebou is die eerste lesingsaalkompleks wat op die Hatfield Kampus gebou is sedert die inwyding van die Kansellier se gebou in 1959.
Prof Andy Mogotlane, Vise-Prinsipaal, het in sy boodskap gesê dat Suid-Afrika nooit van Jan van Riebeeck losgemaak kan word nie.
Hy het ook Jan Van Riebeeck se woorde aangehaal: “hier aan die voet van …

Arts & Culture »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
ATKV Centurion Jeugleiersforum reik uit

Die ATKV se Jeugleiers het Dinsdag 16 Junie op Jeugdag verskeie jeug wat op een of ander wyse getraumatiseer is, besoek en ondersteun. Onder die groep was jeugdiges wat mishandel, of verkrag, verarm of ouerloos is as gevolg van verwaarlosing, HIV/Vigs of self ‘n slagoffer is, of hul ongehude babas weggegee het. Hulle het ook slagoffers van xenofobiese geweld wat by ‘n inrigting gehuisves word terwyl hul ouers uit verskeie Afrikalande steeds werk soek in Suid-Afrika, besoek.
Van die jong mense is by die Performer Teater met verversings, eet- en drinkgoed …

Community »

[16 Jul 2009 | No Comment | ]
Berede perde en polisiehonde besoek skool

Die Graad R leerlinge van Laerskool Wierdapark het onlangs ‘n besoek van die Metro Polisie Berede – en Honde-eenheid ontvang.
Dit was ‘n opvoedkundige geleentheid waar die leerlinge meer geleer het oor perde en honde en hul werking in die Polisie. Die leerlinge het ook die geleentheid gehad om aan die vriendelike Labrador, Pronto te vat en perde ritte met die Polisie se Berede Eenheid mee te maak.