Home » Archive

Articles Archive for June 2012

Community »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]
The Smart Way to Dress for Less

Judy’s Fashion World situated in the Centurion Mall, has for many years been a favourite shop for ladies of all ages.
Due to new suppliers, they are now again been able to focus on fashion for the more mature woman in sizes ranging from 14 – 28.
Favourites now in stock include drawstring and Capri drawstring pants, half-elasticated slacks and overshirt blouses in various colours and at very affordable prices.
Visit Judy’s Fashion World today where one can afford to dress the smart way for less.

Community »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]

Die Solidariteit Beweging is vanjaar 110 jaar oud en Helpende Hand vier die geleentheid op ʼn besonderse wyse.
Helpende Hand nooi elke burger in die land uit om in Junie 2012 deel te neem aan die 110 Doen Goed projekte-veldtog.
Deelnemers kan tussen 18 en 22 Junie 2012 enige weldaad in hulle gemeenskap aanpak. Die slagspreuk vir die veldtog is Doen Goed, Voel Goed, Wees Goed.
Deelnemers kan as individue of spanne deelneem en kan ook meer as een projek aanpak.
Deelnemers kan die registrasievorm op Helpende Hand se webwerf www.helpendehand.co.za kry en dit …

Community »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]
Akademia stel ses onderrigleersentrums landswyd bekend

Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, het op 9 Mei 2012 ses onderrigleersentrums in Centurion, die Moot in Pretoria, Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch bekendgestel.
Akademia is ’n privaat verskaffer van studieprogramme wat op dieselfde vlak as dié van universiteite is en is ook by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer.
Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, meen die krag van die Akademia-model is dat dit bekostigbaar en eenvoudig is om onderrigleersentrums in enige gemeenskap te vestig.
“Ons vat Afrikaanse hoër onderwys na die mense toe. Die onderrigleermodel is in …

Community »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]
Helpende Hand Streeksorganiseerder passievol oor haar werk

Solidariteit Helpende Hand se krag lê in sy 120 takke landswyd.
Om tred te hou met al die takke se projekte en vrywilligers, verg die bekwaamheid van ʼn besonderse persoon…’n streeksorganiseerder.
Die land word verdeel in tien streke. Helpende Hand stel graag hul Streeksorganiseerder: Gauteng-Noord, Mariana Kriel, bekend.
Mariana Kriel is gebore in Phalaborwa in Limpopo.
Hoe lank bly jy nou al in Gauteng-Noord?
Ongeveer 24 jaar. Ek het grootgeword in Pretoria en het ná skool sewe jaar lank in Bloemfontein gewerk. Ek het uiteindelik weer na die Jakarandastad teruggekeer.
Is jy getroud, het …

Community »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]
Huis van Restorasie

Met die hulp van Solidariteit Helpende Hand en onder toesig van Theresa en Walter Stander, word die huis ook bekend as Janstraat 1, ‘n heenkome vir veral wit Afrikaanse dwelmverslaafdes.
Die persone wat wel gehelp wil word en sonder heenkome is, is welkom in die huis waar daar net een pil, die Gospel, beskikbaar is.
Berading word daagliks aan die persone gegee en wanneer hulle na ongeveer drie maande sodanig herstel het, word hulle uitgeplaas na twee ander huise in die Centurion area.
Van hier kan hulle hul eie besighede begin of bly …

Community »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]

Solidariteit Helpende Hand se Nasionale Kosblikkieprojek skop in Junie vir die vierde agtereenvolgende jaar af en sal vanjaar meer as 3 000 behoeftige kleuters bereik.
Die ontwikkelingsuitdagings in vroeë kinderontwikkeling word voorkomend aangespreek deur ondersteuning te bied ten opsigte van kleuters se voeding, die indiensopleiding van versorgers by kleuterskole, ouerleiding, maatskaplike ondersteuning en die beskikbaarstelling van opvoedkundige materiaal.
In 2012 word die 12 voedingskemas uitgebrei na 40 kleuterskole regoor die land en indiensopleiding en ouerleiding word aangebied.
“Waar ons verlede jaar 45 ma’s opgelei het, kan ons hierdie jaar nagenoeg 2 000 ouers …

Centurion Business Forum »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]

Die Centurion Raad vir bejaardes hou op Donderdag 7 Junie 2012 om 13h30, hulle Algemene Jaarvergadering by die Lyttelton Dienssentrum, Potgieterstraat, Lyttelton.
Die gasspreker by die geleentheid, Rae Labuschagne se onderwerp is “Ageing – In sickness or in Health?”
Die trofee aan die Senior Burger van die Jaar asook toekennings aan vrywilligers sal tydens die geleentheid oorhandig word.
Belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon.
Navrae kan gerig word aan Charlene Mostert by telefoonnommer 012 664-5754 (x3)

Centurion Business Forum »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]
Centurion Sakekamer hou suksesvolle gholfdag

Op 23 Mei 2012 het ongeveer 100 spelers byeengekom om aan die jaarlikse gholfdag van die Centurion Sakekamer by die Centurion Gholf Buiteklub deel te neem.
Die dag word gehou om fondse in te samel vir die sosiale verantwoordelike projekte wat die Sakekamer elke jaar beplan.
Tydens die aandfunksie  is daar ook ‘n suksesvolle veiling gehou.

Arts & Culture »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]
Name van ABO-sterftes teen Voortrekkermonument onthul

Die name van meer as 34 000 vroue, kinders en mans wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (ABO) in en op pad na Britse konsentrasiekampe gesterf het, is op 22 Mei 2012 as deel van die herdenking van 110 jaar sedert die beëindiging van die oorlog, met baniere teen die Voortrekkermonument in Pretoria onthul.
Die woord “Onthou” verskyn aan die bokant van die baniere en dra die boodskap oor dat die lyding van diegene wat as gevolg van die Britte se verskroeide-aardebeleid gesterf het, onthou moet word.
Tydens die geleentheid is Kraal-Uitgewers se jongste …

Schools »

[6 Jun 2012 | No Comment | ]
Skoolhoof word bederf

Laerskool Swartkop se Hoof, Mnr. Carel Cronjé, is met sy verjaarsdag op 30 Mei lekker bederf toe hy in ‘n perdekoets op die skoolgronde ten aanskoue van die hele skool rondgery het terwyl die leerlinge uit volle bors vir hom gesing het.
Die onderwysers en ‘n paar ouers het ook ‘n klompie luglanterns aangesteek en die lug ingestuur.
Mnr Cronjé sê dit was vir hom baie spesiaal om sy verjaarsdag op die unieke manier saam met sy skool en leerlinge te kon vier.