Home » Community, Competions

Prysgeld ter waarde van meer as miljoen vir Entrepreneurs

20 April 2015 No Comment

Die Akademia Sakeplankompetisie vir 2015 met ’n prysgeld ter waarde van meer as R1,2 miljoen is onlangs geloods.
Die kompetisie, wat ten doel het om nuwe en bestaande entrepreneurs te help om hulself en hul besigheid beter te verstaan en volhoubaar te maak, beleef reeds sy derde jaar en het reeds ʼn paar suksesverhale opgelewer.
Van die deelnemers aan die vorige jare se kompetisie spog reeds met groot bedrae se investering, uitvoergeleenthede van produkte en nasionale bekendstelling en bemarkingsgeleenthede wat deur hul deelname aan die kompetisie ontsluit is.
Volgens Chris du Plessis, koördineerder van die Akademia Sakeplankompetisie, spits Akademia en sy vennote hulle daarop toe om deur opleiding nuwe en reeds bestaande entrepreneurs toe te rus om hul besighede volhoubaar te maak en so broodnodige werksgeleenthede in Suid-Afrika te skep.
Belangstellendes kan die webblad www.sakeplankompetisie.co.za besoek, of ʼn e-pos aan sakeplan@akademia.ac.za stuur.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.