Home » Community

Miljoene kersliggies skyn weer by Jakaranda Kinderhuis

27 November 2015 No Comment

Jakaranda Kinderhuis bied vanjaar hul sesde agtereenvolgende Kersliggie Fees aan.
Die Kinderhuis sal hul liggies by 1 Talitha Kumistraat, East Lynne, Pretoria laat skyn met meer liggies, meer musikante, groter “LASERSHOWS”, ‘n Gospel Konsert, ‘n Country Konsert, Kersliedere aand en baie meer.
Die Kersliggie Fees sal elke aand van 19h00 tot 22h00 vir die publiek van 1 – 31 Desember 2015 oop wees.
Toegang is ‘n donasie van R20 per persoon en R10 vir kinders onder 6 jaar.
Die doel van die Kersliggie Fees is om die ware boodskap van Kersfees vir die kinders en inwoners van Jakaranda en die publiek oor te dra.
Dit is ook om fondse in te samel vir die kinderhuis aangesien die kinderhuis jaarliks sowat R15 milj nodig het om by al hulverpligtinge uit te kom.
Hulle doen ook ‘n vriendelike beroep op die publiek om enige kos, klere en skoolbenodighede saam te bring as verdere donasies.
In 2014 was daar 60 000 besoekers en word hierdie jaar 70 000 besoekers verwag.
Hierdie jaar is daar ook ‘n reuse markies tent vir ongeveer 2 500 mense om die hoofvertonings by te woon.
Vir meer inligting oor die Kersliggie Fees kontak die Jakaranda Kinderhuis by 012 800 4700 of besoek die fees se webtuiste by www.jakarandaliggiefees.co.za .
Stuur ook ‘n e-pos na liggiefees@kinderhuis.co.za of volg die fees op Facebook by www.facebook.com/liggiefees.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.