Home » Community

Opwindende jaar vir Volkspele

15 March 2016 No Comment

Die volkspele beweging het onlangs sy 100-jarige bestaan gevier en is daar ‘n hele aantal nuwe spele vrygestel wat die totaal op 150 te staan bring.
In 2016 word die klem geplaas op uitbreiding en opleiding en word ‘n bekendstellingskursus sowel as leiers- en ander kort kursusse beplan.
Hierdie opleiding is gemik op persone wat heeltemal nuut en onbekend is met volkspele en die beweging tot persone wat hulle kennis van die fynere detail net wil opknap.
In die groter Pretoria bestaan daar tans vier senior groepe sowel as ‘n junior groep wat op ‘n gereelde basis vir oefenaande, saamtrekke en ander sosiale byeenkomste byeenkom.
Later vanjaar gaan ‘n nasionale sangtoer plaasvind waartydens die toergroep ander dele van die land gaan besoek met optredes en uitvoerings op plekke waar daar tans nie groepe bestaan nie.
Die plaaslike groep kom elke Donderdagaand in Kloofsig Centurion bymekaar vir oefening van hul spele en om samesyn te bevorder.
Dit is gesonde ontspanning vir oud en jonk en almal word uitgenooi om die oefeninge by te woon om net te kyk of om saam te speel.
Belangstellendes kan vir Hugo Lombaard by 011-201-2487 of 082-413-8594 skakel.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.