Home » Arts & Culture

ATKV Centurion vermaak besoekers by Voortrekkermonument

15 March 2016 No Comment

Die Voortrekkermonument en die ATKV is jarelange kultuurvennote en tree die ATKV Centurionsangers en -musikante gereeld by die Monument op.
Gedurende Februarie 2016 het van hulle by die Monument musiek gemaak terwyl die een na die ander oorsese toergroepe ook met ons taal en kultuur kennis gemaak het.
Die groep Nederlandse toeriste was aangenaam verras toe een van die Forumlede Rommel van der Riet, hulle met tradisionele Afrikaanse sang, saag- en mondfluitjiespel uitgenooi het om “Sarie Marais” saam te sing.
Daarna het hy hulle verder verras deur Dana Winner se liedjie “Seven Regenbogen” te speel en hulle laat saamsing.
Sakkie Kotze voorsitter van ATKV Centurion het aan die toergroep gemeld dat die Voortrekkermonument nie net ‘n statiese gebou is nie, maar dat die Afrikaanse taal en kultuur hier lewe – “daarom dat ons sangers en musikante gereeld hier optree” het hy bygevoeg.
Hy het ook verwys na Afrikaans se 90ste amptelike bestaansviering wat op 8 Mei 2015 begin het en vanjaar op 8 Mei om 15h00 met ‘n taal- en kultuurprogram in die Senotaafsaal van die Monument afgesluit word.
Die program word deur ATKV Centurion in samewerking met die Voortrekkermonument aangebied en sluit koorsang, samesang, orkesmusiek, voordrag en groeteboodskappe in.
Die Bybel in Afrikaans word ook dan gevier.
Belangstellendes moet hul sitplek vooraf bespreek en meer inligting is op die ATKV Centurion se webwerf wwwtak.co.za beskikbaar.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.