ATKV Centurion kyk terug na ‘n suksesvolle jaar
Die ATKV Centurion se jaarvergadering het op 4 Februarie 2016 in Centurion plaasgevind.
Die voorsitter, Sakkie Kotze het na die vele suksesprojekte asook die Internasionale Fietsrykongres in Pietermaritzburg verwys waarheen die tak genooi is om ‘n program van tradisionele Afrikaanse sang en musiek aan te bied met tradisionele eetgoed soos koeksisters en melktert.
Die tak se unieke Herinneringslied vir Anneke Mostert, ‘n skoolmeisie wat haar eie lewe geneem het weens ‘n spottery by die skool, het gehelp om by haar ouers, boeties, sussies en maats berusting te bring.
Haar ouers se predikant het die ATKV Musiekforum genooi om ‘n gewyde musiekprogram tydens die erediens aan te bied.
Die tak se eie webwerf www.tak.co.za het sedert sy ontstaan ‘n paar jaar gelede, al bykans 120,000 besoekers gehad.
Die bestuur en personeel van The Centurion wens die ATKV Centurion geluk met ‘n suksesvolle jaar en word die nuwe takbestuur ook sterkte toegewens vir hulle taak in die nuwe jaar.
Leave your response!