Home » Arts & Culture

Afrikaans breek internasionale grense – FAK

20 April 2016 No Comment

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het onlangs die heel eerste Internasionale Afrikaanse Skole-Ekspo geloods.
Die aktrise en dogter van Elize Cawood en Wilson Dunster, Jenna Dunster, is vanjaar die ambassadeur van die projek en glo dat die projek baie kan doen om die liefde vir Afrikaans onder skoolkinders van graad 6 tot graad 12 te kweek.
Volgens Johan Jansen van Vuuren, Projek- en kommunikasiebeampte by die FAK, is dit die eerste keer dat die Afrikaanse Skole-Ekspo, wat al vir vier jaar deur die FAK aangebied word, op ’n internasionale front gaan plaasvind.
“Afrikaans is nie net ’n taal wat binne die grense van Suid-Afrika gepraat word nie en in die buiteland is daar ook baie sprekers van Afrikaans wat lief is vir dié taal,” het Jansen van Vuuren gesê.
Dit is vanuit hierdie agtergrond wat die FAK besluit het om vanjaar se Ekspo oop te maak vir sprekers van die buiteland waaronder Namibië, België en Australië.
Die tema van vanjaar se Ekspo is: 100 Jaar van Afrikaanse films en deelnemers kan die tema in allerlei kategorieë uitbeeld wat onder andere skilderkuns, opstelle en storieboeke insluit.
Daar is ook ’n oop kategorie waar inskrywings in die vorm van poësie, kortverhale of liedjies gelewer kan word.
’n Oorsese reis ter waarde van R 25 000 sal aan die algehele wenner van die Ekspo as prys oorhandig word. Inskrywings sluit op 31 Julie 2016.
Vir meer inligting kontak Chrisna Nel per epos by ekspo@fak.org.za of telefonies by telefoonnommer 012 301 1777.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.