Home » Arts & Culture

Applous vir Applous 40

1 August 2016 No Comment

Die ATKV Applous Koorkompetisie is vanjaar vir die veertigste jaar aangebied.
‘n Totaal van 185 skole in Suid-Afrika het vanjaar vir die Koorkompetisie ingeskryf waarvan 48 hoër- en laerskoolkore in Pretoria deelgeneem het.
Vrywillige kultuurwerkers van Pretoria is al vir baie jare met die kompetisie behulpsaam.
Marina Mentz is van 1992 betrokke en Bessie Keun is die afgelope drie jaar streekorganiseerder en sedert 1999 organiseerder van Applous.
Prof. Petru Grabe is sedert die ontstaan van Applous as hoofbeoordelaar landswyd betrokke.
Johan Esterhuizen (ATKV Hoofkantoor Randburg, is vir die afgelope tien jaar die voltydse projekorganiseerder.
Attie Rossouw is van die beginjare by betrokke en rig kore van verskeie hoër- en laerskole af. Vanjaar het hy agt kore wat deelneem.
Marina Mentz en Sakkie Kotze is ook voorsitters van onderskeidelik die Tonteldoostak en Centuriontak van die ATKV.
Sakkie was voorheen as ATKV Direksielid ook die takvoog van Tonteldoos.
Die streekwenners sal in die finaal van Applous op 4 Augustus 2016 in Stellenbosch meeding.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.