Home » Community

DEAF Friendly se Projek 300 brei uit

1 August 2016 No Comment

DEAF Friendly het hul Projek 300 in 2015 geloods met die fokus om ‘n stabiele ekstra inkomste van minstens R30 000 per maand te werf.
Hierdie geld word gebruik om jaarliks ‘n DEAF Friendly Groeipunt te vestig.
Die Groeipunt bestaan uit onder andere ‘n gebou wat kan dien as kerkgebou, pastorie, kleuterskool of opleidingsfasiliteit en word met sonkrag-panele toegerus om aan eenvoudige elektisiteitbehoeftes te voorsien.
Basiese meubels soos stoele en tafels word ook voorsien en ‘n groentetuin met vyf tonnels en ‘n boorgat word ook aangebring.
Die DEAF Friendly span besoek individue, gemeentes, sake- en ander forums om maandelikse debietorderbydraes ter waarde van minstens R100.00 elk per maand te werf.
Sover beloop debietorderbydraes ‘n waarde van ongeveer R17,280 per maand en bring dit DEAF Friendly op 57% van hul doelwit.
Met behulp van dr Frik Botha van Industry Training and Consulting, in samewerking met die Nasionale Instituut vir Dowes, is daar tans twaalf leerders in ‘n paneelklop vaardigheidsprogram wat in Pretoria aangebied word.
DEAF Friendly is ook betrokke met die werwing van Dowes vir hierdie en soortgelyke programme.
Lofdal Gezina (AGS van Suid Afrika) het onlangs 200 stoele aan DEAF Friendly, geskenk.
Ongeveer ‘n 100 van hierdie stoele gaan na Malawi Ministries for the Deaf se Gemeente in Blantyre wat deur Pastoor Jimmy Akimu (Doof) gelei word, gestuur word.
Pastoor Dirk Venter van DEAF Friendly is onlangs tot die voorsitter van ‘n nuutgestigde Nie-Winsnemende Maatskappy, Friends of Trans Oranje, verkies.
Die maatskappy se uitsluitlike doelwit is om die Trans Oranje Skool vir Dowes in Pretoria, veral finansieël, by te staan.
DEAF Friendly verskaf ook ‘n gebaretaal-tolkdiens aan dowes tydens onder andere begrafnisse, beradingsessies, eredienste, konferensies, mediasie-gesprekke, mediese-ondersoeke, opleidingsessies, persoonlike finansiële beplanning-sessies, troues en werksonderhoude.
DEAF Friendly bied ook elke Sondag om 07h30 ‘n program aan op die Televisiekanaal Kruiskyk.
Vir meer inligting of om ook ‘n maandelikse debietorderbydrae te lewer, stuur ‘n epos aan dirk@deaffriendly.co.za.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.