Home » Arts & Culture

Ikoon op Verhoog vir Kindersorg

1 August 2016 No Comment

Die kabaret-ikoon, Nataniël, bied op 27 Julie 2016 ‘n spesiale konsert ten bate van Child Welfare Tshwane aan.
Die organisasie versorg sedert 1918 weerlose kinders in die stad en is in Groenkloof, Pretoria geleë.
Child Welfare Tshwane gee daagliks ‘n gebalanseerde ete aan nagenoeg 650 kinders by dienspunte in Mamelodi, Eersterus, Sunnyside, Elandspoort, Atteridgeville en Olievenhoutbosch en versorg ook 45 kinders by die 24-uur residensiële sorgfasiliteit, Bramley Kinders en Jeugsorgsentrum.
Die konsert vind by Utopia Place in Lynnwood plaas en begin om 20h00.
Daar sal egter vooraf sjerrie, sop en broodjies bedien word en gaste kan lekker saamkuier.
Na die vertoning, wat ongeveer 90 minute lank sal wees, sal tee en koffie bedien word en ‘n kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.
Kaartjies is by Ticketpro teen R350 per person beskikbaar, wat die verversings, parkering en vertoning insluit.
Vir meer inligting skakel Child Welfare Tshwane by 012 460 9236 of stuur ‘n epos aan info@childwelfare.co.za

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.