Home » Arts & Culture

Nuwe Besturende Direkteur

1 August 2016 No Comment

Die Direksie van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting het aangekondig dat Cecilia Kruger as die nuwe Besturende Direkteur van die twee instansies vanaf 1 Julie 2016 aangestel is.
As die Senior Bestuurder: Erfenisbewaring, het Cecilia Kruger sedert November 2015 as Besturende Direkteur waargeneem.
Me Kruger het in 2000, na 15 jaar in erfenisbewaring en museumwese, saam met genl Gert Opperman by die Voortrekkermonument ingeval en was onder andere verantwoordelik vir die vestiging en uitbou van alle vakkundige dienste op die terrein.
Sedert die totstandkoming van die Erfenisstigting in 2002 is sy ook betrokke by landswye reddingsaksies van erfenisgoedere.
Me Kruger beoog om die goeie werk van haar voorgangers voort te sit en die Monument verder uit te bou as ’n erfenisbate en toerismebestemming van internasionale belang.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.