Home » Community

Bep du Toit word vereer

17 December 2009 No Comment

Bep du Toit is in Nederland gebore en het in 1954 saam met haar ouers na Suid-Afrika verhuis.

Na matriek het sy ‘n diploma in Kleuteropvoeding aan UP en ‘n BA-graad aan Unisa behaal.
Sy het as skrywer oor ‘n tydperk van 30 jaar onder andere 21 romans en 14 kortverhale, wat in verskeie tydskrifte gepubliseer is, geskryf.
Twee romans in haar nuwe reeks “Romanza” het pas by LAPA verskyn naamlik “Ridder op ‘n Vosperd” en “Kinkels van die Hart”
Bep is lid van die redaksie van die Christelike vrou in die Hervormde Kerk se kerkblad Konteks.

bep

Op die foto ontvang sy die oorkonde van Sakkie Kotze (ATKV Centurion) vir haar bydrae tot Afrikaans.

Comments are closed.