Home » Community

Vlytige “Vyfster”-vingers vereer

13 March 2010 No Comment

Die bekende kitaarvirtuoos Trevor Nasser, is onlangs in Centurion met ‘n ATKV-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse musiek oor ‘n tydperk van 25 jaar vereer.
Hy het destyds al bekendheid verwerf toe sy vertolking van “Vyfster” as kenwysie in die eerste Afrikaanse dagsepie op SAUK TV gebruik is.
Sedertdien het sy vertolking van “Vyfster” al vier keer Platinumstatus verwerf.
Nog vier van sy Cd’s het al goudstatus verkry.
Die ATKV Centurion het die vrystelling en bekendstelling van sy 17e Cd “Blouberg se Strand” onder blyke van groot media- en ondersteunerbelangstelling in Centurion aangebied.
Hy het die waarderende gehoor met sy vertolking van bekende Afrikaanse luisterliedjies en ligklassieke melodieĆ« soos onder andere “Pampoen”, “Jantjie”, “Seeman”, “Blouberg se Strand”, “Tiritumba”, “Finiculi Finicula” en laastens “Vyfster” betower.

Op die foto oorhandig Sakkie Kotze, ATKV voorsitter, aan Trevor Nasser die oorkonde.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.