Home » World Cup

ATKV Centurionsangers trots op Bafana Bafana

13 June 2010 No Comment

Die ATKV Centurionsangers het Cd- en DVD-kopieë van hul drie Bafana Ondersteuningsliedjies aan die Bafanaspan oorhandig.
Aldrie die liedjies (Afrikaans, Engels en Sesotho) is deur lede van die groep geskryf en spreek van trots op ons Bafanaspan, trots op ons SA Reëlingskomitee en trots op ons land Suid-Afrika as die Gasheerland.
Die unieke Afrikaanse Bafanaliedjie “Viva Bafana Viva” is ook op DVD beskikbaar.

Die DVD bevat ook insetsels van sokkerspelers van Rosina Sedibane Sportskool, dowe sokkerspelers van Transoranje Skool vir Dowes wat die liedjie in gebaretaal tolk, en leerders van Hoërskool Wonderboom en Prinshofskool vir Blindeswat saamsing.

Die Cd en DVD is nie te koop nie maar die liedjies kan van die ATKV se webwerf www.tak.co.za af te laai word.
Bykans ‘n duisend ballonne met groeteboodskappe aan Bafana word Dinsdag 8 Junie in Pretoria losgelaat as verdere ondersteuning aan ons Bafanaspan.

Op die foto oorhandig Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion, kopieë van hul Cd en DVD aan mnr. Dennis Mumble, Spanbestuurder van die Bafanaspan.

Op die foto in die middel sit ATKV Centurionsangers Tiaan Grundling en Andre Mostert weerskante van Prinshofskool se hoofsanger, Reinette Taljaard.
Die swaksiende leerders by Prinshofskool vertoon die Bafanavaandels wat hulle op eie inisiatief vir die DVD-opname gemaak het.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.