Home » Easter

Elke glimlag tel…

3 April 2009 No Comment

Ten spyte van die finansiële druk en ‘n jaar wat baie vra van alle besighede, het twee besigheidsmanne gereël dat die glimlagPaashaas hierdie jaar vroeg reeds ‘n draai by Laerskool Westerlig maak.

Hierdie skool in Danville, aan die weste kant van Pretoria, het ‘n groot persentasie behoeftige kinders.

Op ‘n daaglikse basis sorg ‘n voedingskema dat 60 kinders kos kry.

Op 4 Maart het hierdie kinders, buiten vir die kos, ook elkeen ‘n groot Lindtsjokoladehaas gekry.

Vir sommige kinders was dit die meeste sjokolade wat hulle nog op een slag gekry het. Daar is ook vir die 3 Graad R klasse van die skool, sjokoladehase uitgedeel.

Die onderwysers moes behoorlik bontstaan om seker te maak dat die kinders eers hulle kos eet, voor die lekker nagereg. Die glimlagte daardie dag was volop.

Elkeen van ons kan ‘n glimlag op iemand anders se gesig sit en as ons bereid is om verby ons eie omstandighede te kyk en ander mense in nood raak sien.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.