Home » Easter

Die antwoord vir ‘n beter lewe

3 April 2009 No Comment

Die amptelike datum vir die verkiesing in Suid Afrika is 22 April.

Dit is weer ‘n verkiesingstyd waarin politici swaarde kruis vir potensiële stemme.

Alles dui daarop dat dié verkiesing taai gaan raak. Almal speel dieselfde kaart, die belofte van ’n beter lewe vir alle mense. Politieke partye verskil egter in hulle definisies van beter lewe.

Vir die een party beteken beter lewe, meer behuising, meer werksgeleenthede en vir ander land waarin korrupsie hokgeslaan is. Ek gaan definitief my plig nakom om te stem vir die party wat ek glo verskil kan maak, maar ek is glad nie oortuig dat politieke oplossings dít alleen kan doen nie.

Te midde van die gelaaide politieke atmosfeer is daar iets wat my regtig opgewonde maak. Duisende mense is besig om na God te draai vir beter lewe. Hierdie mense is oortuig dat ware lewe by Jesus begin.

So het 8000 vroue op 13-15 Maart 2009 by NG gemeente Moreletapark byeengekom en die naweek van 24-26 April kom ±200 000 mans bymekaar op Angus Buchan se plaas om Jesus te vertrou vir beter lewe.

Dit is interessant dat al hierdie gebeure oor Maart en April afspeel waarin meer as 2.5 biljoen mense in die wêreld die pad na die Kruis herdenk.

Die pad na die kruis verwys na Jesus se reis na die kruisiging in Jerusalem en baie spesifiek die bepalende waarhede wat die kern uitmaak van die Christelike geloof. Dit laat die soeklig val op die wonde van Jesus wat genesing bring na ons stukkende wêreld. Mel Gibson, wat verantwoordelik was vir die vervaardiging van ‘The Passion of the Christ’, die lokettreffer film oor die lyding en dood van Jesus, het die vervaardiging van die film so gemotiveer: “I went to the wounds of Christ in order to cure my wounds”.

Ek glo dat die antwoord vir beter lewe is te vind in Jesus. Ek sluit af met Jesus se woorde in Joh.10:10: “I came so they can have real and eternal life, more and better life than they ever dreamed of.” (Message)
Dr Ernrich Basson
(Collage gemeente, ernrich@collage.org.za)

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.