Home » Community

Nuwe name word by Herdenkingsdiens onthul

9 August 2010 No Comment

Die jaarlikse herdenkingsdiens by die SA Weermag Muur van Herinnering op die Voortrekkermonument Erfenisterrein vind vanjaar om 09:15 vir 09:50 op Sondag, 15 Augustus plaas.

Alle lede van die publiek word graag uitgenooi om die geleentheid by te woon en om, indien hulle graag wil, ook ‘n krans te lê of kruis te plant.

Hulle word net vriendelik versoek om vooraf met die organiseerders by onderstaande telefoonnommers te skakel, sodat daar na behore vir hulle voorsiening gemaak kan word. Veral naasbestaandes van afgestorwe lede word vriendelik uitgenooi om by te woon.

Verlede jaar se inwydingsdiens is deur meer as 1 000 persone bygewoon, waaronder ongeveer 200 naasbestaandes van lede van die SA Weermag wat hulle lewens verloor het gedurende die tydperk 31 Mei 1961 (Republiekwording) en 27 April 1994 (die datum waarop die SA Weermag in die nuwe SA Nasionale Weermag opgeneem is).

Die name van 2 489 persone (waaronder 772 wat in operasionele situasies gedood is), het by die inhuldiging daarvan op die Muur verskyn.

Die naamlys sal jaarliks aangevul word, indien nodig, namate verdere besonderhede deur volgehoue navorsing bevestig word van persone wat gedurende die betrokke tydperk onder kwalifiserende omstandighede gesterf het.

Vanjaar word ’n verdere 25 name tot die lys gevoeg, asook een regstelling aangebring t.o.v. ’n naam wat reeds op die muur verskyn.

Benewens die feit dat die SA Weermag Muur van Herinnering by die Voortrekkermonument baie meer volledig en op datum is, is dit ook baie meer sigbaar en toeganklik, ook vir fisies-gestremde persone.

Dit het sedert die inwyding daarvan tot ’n primêre besoekerspunt ontwikkel, ook vir buitelandse besoekers wat gereeld daar aangetref word.

Navrae aangaande hierdie jaar se gedenkdiens kan gerig word aan Annatjie by 012 326 6770 of ontvangs@voortrekkermon.org.za.

Persone wat graag wil navraag doen oor name wat reeds op die Muur is of behoort te wees, word vriendelik versoek om mev Estelle Pretorius gedurende kantoorure by telefoonnommer 012 325 7885 of per epos na navorsing@voortrekkermon.org.za te kontak.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.