Home » Community

Centurion Sakekamer se suksesvolle netwerkfunksie

9 August 2010 No Comment

Die Centurion Sakekamer se suksesvolle maandelikse netwerkfunksie vir Julie 2010 is by die Centurion Lake Hotel gehou en is deur ongeveer 130 lede en nie-lede bygewoon.

Frikkie Kleynhans, Besturende Direkteur van die Highline Groep het as gasspreker opgetree en het die voordele vir Suid-Afrika na afloop van die Wêreldbeker Sokkertoernooi bespreek.

Die lidmaatskap van die Centurion Sakekamer groei volgens die voorsitter, Louis Fivaz met ongeveer 100% per maand. Alle besighede word genooi om by die Sakekamer betrokke te raak sodoende genoeg steun te verwerf om namens hulle voodele by die regering van die dag te beding.

Die volgende netwerkfunksie word op 25 Augustus 2010 by Shelanti Restaurant gehou. Diegene wat belangstel om dit by te woon, word versoek om Marlene Königk by telefoonnommer 012 664 2301 te skakel.
Frikkie Kleynhans, gasspreker en Corne Jansen, vise-voorsitter van die Sakekamer tydens die netwerkfunksie.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.