Home » Community

Helpende Hand se eerste Afrikaanse loopbaangids bekendgestel

9 August 2010 No Comment

Solidariteit Helpende Hand se eerste omvattende loopbaangids wat fokus op skaars en kritieke vaardighede in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark is pas deur die organisasie se Afrikaanse Beroepsleidingsdienste vrygestel.

Die Helpende Hand Loopbaangids, wat spesifiek vir hoërskoolleerlinge saamgestel is, sal jongmense help om ingeligte loopbaankeuses te maak en hulle terselfdertyd aanmoedig om meer soos entrepreneurs te dink.

Volgens dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helende Hand, sal die gids leerlinge nie net help om die regte studierigting te kies nie, maar hulle ook wys waar vaardigheidstekorte in die arbeidsmark is.

“Sodoende sal jongmense na afloop van hulle studies verseker wees van werk en ʼn loopbaan in Suid-Afrika,” sê Langner.

Die gids dek ʼn verskeidenheid onderwerpe wat relevant is vir leerlinge en werkende jongmense.

Verskeie kundiges, soos mnr. Flip Buys, dr. Langner, dr. Dirk Hermann, dr. Steve Booysen en prof. Louis Jacobs, deel hulle kennis en gee jongmense wyse raad oor hoe om ʼn sukses van hulle lewe in Suid-Afrika te maak.

“Indien jy jou aanleg en belangstelling kan kombineer met ʼn skaars en kritieke vaardigheid gaan jy nie net doen waarvan jy hou nie, jy gaan gelukkig wees in wat jy doen,” sê Langner.

Volgens hom is jongmense dan ook verseker van werk as gevolg van die vaardigheidstekort wat tans in Suid-Afrika heers.

Die gids sal jongmense laat dink en hulle opgewonde maak oor die beroepswêreld.

“As jy jou roeping gevind het en jou werk vir jou lekker is, is jy halfpad suksesvol in wat jy doen,” voeg Langner by.

Volgens hom is dit vir Helpende Hand belangrik om vir kinders hoop te skep vir hulle toekoms in Suid-Afrika.

Onderwerpe wat gedek word sluit in: Is daar ʼn toekoms in Suid-Afrika?  Hoe kies ek ʼn beroep/loopbaan? Wat doen ek as ek nog onseker is? Die lewenslange leerproses asook Wat kan ek verwag in die beroepswêreld?

Mediakontakpersoon

Karin Venter

Beroepsleidingsdienste Projekkoördineerder

084 304 7881

012 644 4390

karin@helpendehand.co.za

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.