Home » Community

Centurion Sakekamer deel komberse uit

9 August 2010 No Comment

Die Centurion Sakekamer het 200 komberse deur Vibro Bricks en 50 komberse deur Safecore geskenk, aan behoeftige mense van die ZZZ Kerk in Attridgeville, Danville Voedingskema, Ants for Jesus – Andre en Louise Gross verdeel alle items wat hulle insamel onder al die plakkerskampe in veral die weste van Pretoria, Bramley Kindertehuis en ook die Centurion Raad vir Bejaardes, uitgedeel.

Die dankbaarheid van die mense was hartroerend en die komberse wat in die koudste dae van Julie uitgedeel was het nie net die lyfies maar ook die harte warm gemaak.

Die Centurion Sakekamer bedank Jaco Swanepoel van Vibro Bricks en Gert van Antwerp van Safecore wat goedgunstiglik die komberse geskenk het.

Op die foto is Tannie Sannie van die Danville Voedingskema wat die afgelope 28 jaar elke Dinsdag kospakkies aan sowat 200 gesinne uitdeel met Philip Ardé, bestuurslid van die Centurion Sakekamer wat die komberse oorhandig het.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.