Home » Community

ATKV Centurion vereer Afrikaanse Musiekikone en Legendes

9 August 2010 No Comment

Die ATKV Centurion het op Maandag 26 Julie in die Centurionteater hulde aan Min Shaw, Albie Louw, Nico Carstens en Petronel by die Centurionteater, gebring.
Min Shaw is as sanger vereer vir die bevordering van Afrikaanse Ligte Musiek en Afrikaanse Christenmusiek oor ‘n tydperk van meer as 50 jaar.
Sy hou die rekord as die vroulike kunstenaar in Suid-Afrika wat al die langste en nog steeds op ons verhoë optree.
Albie Louw is as klavierspeler, komponis en sanger, vereer vir die bevordering van Afrikaanse Musiek oor ‘n tydperk van meer as 65 jaar.
Nico Carstens is as wêreldbekende trekklavierspeler en komponis vereer vir die bevordering van Afrikaanse Musiek oor ‘n tydperk van meer as 65 jaar.
Albie en Nico is albei 84 jaar oud en op dieselfde dag gebore. Hulle hou die rekord as die manlike kunstenaars in Suid-Afrika wat al die langste en nog steeds op ons verhoë optree.
Petronel was ‘n ATKV Crescendo-wenner wat erkenning ontvang het met die bekendstelling van haar vierde Cd “Vonnie” waarin sy duette saam met Min Shaw sing en onder andere deur Nico Carstens, Albie Louw en Wouter van de Venter begelei word.
Sy het spesiale vermelding ontvang omdat sy as jeugdige sanger die mees ervare kunstenaars en musiekikone in ons land by haar nuutste Cd-uitreiking betrek het.
Sy is tans een van net vier sangers in Suid-Afrika wat al die oktawe van ‘n klavier kan sing.

Op die foto vlnr.: Min Shaw, Sakkie Kotze (voorsitter: ATKV Centurion), Albie Louw, Nico Carstens en Petronel.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.