Home » Community

Centurion Raad vir Bejaardes ontvang skenking van Centurion Sakekamer

9 August 2010 No Comment

Op 21 Julie 2010 het die Centurion Sakekamer aan die Centurion Raad vir Bejaardes (CRB) 50 komberse geskenk.

Die donasie is moontlik gemaak deur die persoonlike bydrae van Gert van Antwerp, lid van die Sakekamer en verbonde aan Safecore.

Marlene Königk, koördineerder van die Sakekamer, het by die geleentheid gesê dat na twee jaar se stilte as gevolg van die moeilike ekonomiese klimaat, herleef Centurion Sakekamer weer en is dit ‘n groot voorreg om uit te reik na noodlenigingsprojekte.

CRB ontvang enige donasie met waardering omdat dit die lewering van omvattende dienste aan noodlydendes in die gemeenskap moontlik maak.

Op die foto verskyn vlnr: Barrie van Niekerk en Marlene Königk verteenwoordigers van die Centurion Sakekamer), Dr Elma Krüger (CRB) en Gert van Antwerp

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.