Home » Health

Hare waai by Centurion Akademie

3 April 2009 No Comment

Die haarversorgingstudente van die Departement Skoonheidswetenskappe by Centurion Akademie, het op 12 Maart die eerste van twee snymaratonne vir 2009 op hul kampus aangebied.

Die skêre het van vroeg af begin sny, en teen die einde van die dag het ongeveer 100 koppe met nuwe kapsels, kleure of krulle hairgespog.

Die doel van hierdie inisiatief is eerstens om aan studente die geleentheid te gee om ervaringsleer op te doen, en tweedens om lede van die gemeenskap te bederf met nuwe haarstyle teen spotgoedkoop pryse. ‘n Gedeelte van die opbrengs sal ook later oorhandig word aan ‘n liefdadigheidsorganisasie om sodoende die gemeenskap te bedank vir hul ondersteuning.

Gemeenskapsbetrokkenheid is baie belangrik vir Centurion Akademie. Omdat hulle programme sterk konsentreer op ervaringsleer, help die gemeenskap en besigheidsektor om studente toe te rus met die nodige vaardighede om die besigheidswêreld te betree.

Vir meer inligting oor Centurion Akademie en die hoëronderrig programme wat hulle aanbied, kontak 012 663 6333 of besoek www.ca.ac.za.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.