Home » House & Garden

Alles behalwe ‘n vrot pampoen…

3 April 2009 No Comment

Deesdae skrik mense nie meer vir ’n koue pampoen nie.

Hulle skrik ook nie vir groot pampoen nie en is die Goliat van Gat se pampoenfees ‘n goeie bewys hiervan.pampoen

Die Goliat van Gat se pampoen kompetisie het in 2004 begin en hierdie jaar het die pampoenfees op 21 Maart 2009 by die Pioniersmuseum in Silverton, Pretoria plaasgevind. Die terrein was propvol stalletjies en vriendelike mense en deurgans het die lug na
pannekoek en worsbroodjies geruik.

Die wenner van Die Goliat van Gat se pampoen hierdie jaar het 156kg geweeg en was deur Lood Fourie ingeskryf.

Buiten die grootste pampoen, was daar ook pryse vir die grootste, mooiste asook die lelikste pampoene toegeken. Onder groot opwinding is daar ook aan verskeie ander kompetisies soos ‘n pampoenspoeg en pampoendra deelgeneem.

Hierdie projek word jaarliks deur die Cullinan Distrik Boere Unie georganiseer en die hoofdoel is om landbou en hongersnood van die land se mense onder die publiek se aandag te bring.

Die opbrengs van die fees en al die pampoene wat ingeskryf was sal deur Volkshulp 2000 onder minderbevoorregtes versprei en aangewend word.

By hierdie fees was daar ook ‘n poging geloods om die wêreld se grootste pampoentert te bak. Mense het in afwagting onder die tent om die kolossale pampoentert, waaraan daar 3 dae lank gewerk was en wat behoorlik met kaneesuiker toegestrooi was, saam-edrom.

Die vorige rekord gewig was eers gelees en na ‘n rukkie se stilte wat die spanning behoorlik gelaai het, is hierdie tert se gewig uitgelees: 1446 kg!

Die dokumente sal egter eers nagegaan moet word om dit amptelik die grootste pampoentert ter wêreld te maak.

Na die aankondiging van die gewig van die pampoetert is kon almal teen ‘n donasie van die heerlike pampoentert proe. Die oortollige pampoentert is ook deur Volkshulp 2000 aan minderbevooregtes uitgedeel.

Artikel en Fotos: Eleanor Bron

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.