Home » Community

Helpende Hand stig nasionale Afrikaanse vroue-organisasie

4 September 2010 No Comment

Solidariteit Helpende Hand het geskiedenis gemaak met die stigting van die nasionale Afrikaanse vroue-organisasie: Vroue in Aksie.

Die vroue-organisasie Dames Aktueel het ook op Saterdag, 31 Julie 2010 besluit om formeel by Helpende Hand se Vroue in Aksie in te skakel.

“Sedert Helpende Hand die stigting van Vroue in Aksie aangekondig het, is Afrikaanse vroue landswyd opgewonde oor die vooruitsig om deel te wees van oplossings vir die huidige armoedevraagstuk. Die organisasie bied vroue ook die geleentheid om ʼn spreekbuis te wees vir die Afrikaanse vrou in Suid-Afrika,” sê dr. Maryn Botha, nasionale voorsitter van Vroue in Aksie.

Volgens Lindie Strydom, skakelbeampte van Helpende Hand, is vroue se unieke aanslag broodnodig om die armoedekrisis aan te pak

Inspirerende Afrikaanse vroue Hettie Britz en Aletté Winckler tree op as beskermvroue en medewerkers vir Vroue in Aksie om vroue toe te rus om te dien.          Volgens dr Botha is slegs 2% van Afrikaanse vroue by ʼn vroue-organisasie betrokke.

Vroue word uitgenooi om ʼn Vroue in Aksie-ondersteuner te word en ʼn Vroue in Aksie-tak te stig.

Skakel 0861 25 24 23 of rig navrae aan diens@helpendehand.co.za of besoek die webblad by www.helpendehand.co.za

Vir meer inligting skakel Lindie Strydom by 012 644 4390.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.