Home » Community

“Lag ‘n slag”

5 September 2010 No Comment

Op Vrydag, 3 September 2010 word Loslit Dag gevier.

Elke jaar op die eerste Vrydag van September  word mense gevra om anders aan te trek as wat hulle gewoonlik sou en die Loslit Dag plakker te dra as indikasie dat hulle persone met gestremdhede ondersteun.

Loslit Dag is die grootste fondsinsameling en bewusmakings-projek vir persone met gestremdhede in Suid-Afrika.

Die projek word ten bate van die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA, SA Federasie vir Geestesgesondheid, Dowe Federasie van SA (DEAFSA), Disabled People SA (DPSA), Epilepsie SA en SA Nasionale Raad vir Blindes gedoen.

Hierdie organisasies verteenwoordig ongeveer 400 skole, tehuise en werkswinkels in die veld van gestremdheid.

Meer as 230 plaaslike welsynsorganisasies neem jaarliks aan die projek deel en samel so (via die infrastruktuur van die projek) geld in vir die dienste wat hul lewer.

Hierdie jaar moedig Loslit Dag Suid Afrika aan om verspot of anders aan te trek ten bate van persone met gestremdhede.

Trek iets anders aan as wat jy gewoonlik sou en dra jou Loslit Dag Plakker.

Die slagspreuk vir die jaar sê, “laat ons lag met jou drag want jou plakker sê jy mag”.  Lag is die beste medisyne wat niks kos nie en baie vermag.

Doen die regte ding en maak seker dat jy, jou familie, jou vriende en al jou kollegas ‘n Loslit Dag plakker dra op Vrydag 3 September 2010

.           Kry die amptelike Loslit Dag plakkers teen R10 elk by ‘n deelnemende welsynsorganisasie, enige Absa tak, Edgars, Jet, Boardmans, CNA, Game winkels of bestel direk vanaf www.loslitdag.co.za

Geniet die dag, Lag, kyk na die sterre, en luister na musiek  – vier die lewe en jou gesondheid.  ‘n Ideale dag om te waardeer wat jy het!

Vir meer inligting kontak die kantoor by telefoonnommer 012 663 8181 of per epos na loslit@mweb.co.za

Sewende Laan se akteurs ondersteun almal ook Loslitdag.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.