Home » Community

Studente reël Damesoggend vir Lyttelton Dienssentrum

5 September 2010 No Comment

Op Saterdag 21 Augustus het studente van die Centurion Akademie as deel van hul Bemarking en Skakelkursus, ‘n heerlike oggend-tee ten bate van die Lyttelton Dienssentrum aangebied.

Die hoogtepunt van die program was die optredes deur Kevin Leo en Charlise Bergh.

Die opbrengs van die geleentheid word gebruik om gemeenskapsdienste aan bejaardes in Centurion bekostigbaar te lewer.

Vir die studente was dit ‘n groot uitdaging en Lyttelton Dienssentrum hoop dat hulle hierdeur gemotiveer sal word om van vroeg as vrywilligers by welsynsaktiwiteite betrokke te raak.

Van links op die foto is Mariska Kotzé (student), René Erasmus (dosent), Kevin Leo, Charlise Bergh, Sandra Theron (bestuurder: Lyttelton Dienssentrum), Pieter Viviers (student), Dirk van Deventer (student) en De Wet Slabbert (Student)

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.