Home » Community

Ete-Subsidiefonds bring verligting

5 September 2010 No Comment

Weens die toenemende verarming onder bejaardes, veral in die ouderdomsgroep 80 jaar en ouer, het die Centurion Raad vir Bejaardes (CRB) meer as ‘n jaar gelede ‘n ete-subsidiefonds vir behoeftige bejaardes begin.

Danksy bydraes uit die gemeenskap kan die fonds noodlydendes volgens behoefte help.

Op 28 Julie 2010 het die CRB Armarille Vermooten-Vorster, bestuurder van die Restaurant by Centurion Gholfbaan vereer vir haar besondere bydrae tot die fonds.

Amarille stel een maal per maand ‘n tafel van 10 persone beskikbaar vir vriende van die Raad waarvan die volle opbrengs aan die ete-subsidiefonds oorbetaal word.

Die inisieerder van die idée is Dennis Biddolph, ‘n vorige burgermeester van Centurion, wie nie net empatie met nood van bejaardes het nie, maar ook daad by die word gevoeg het.

Op die foto verskyn Dennis Biddolph, Marie Biddolph, Elma Krüger (CRB) en Amarille Vermooten-Vorster.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.