Home » House & Garden

Water in die tuin

3 April 2009 No Comment

Die Potpourri Tuinklub van Pretoria Noord het onlangs by Tuskers Restau-rant in Lyttelton hul maandelikse byeenkoms gehad.

Die gebruik van water in die tuin en waterfokusse was die onderwerp van bespre-king en Marthy Hansen, van Vanstone Precast, vervaar-digers van unieke water-ewende praatjie gelewer.

Die klank van water is terapeuties of dit nou die klank van branders is of die sagte klante van ‘n kartelende stroompie. Water verleen die illusie van ruimte in die tuin.Geen tuin hoort daarsonder nie, van piepklein tot yslik groot!

Huidiglik is daar ‘n groot verskeidenheid waterfokusse op die mark. Van muurfontein tot groot formele spuitfonteine, selfs waterfokusse in “kit” vorm met maklike aanwysings om dit te installeer.

Dit is belangrik om die oppervlakte, spasie en styl in ag te neem wanneer daar op ‘n waterfokus besluit word.

‘n Belangrike oorweging is ook plasing en waar die naaste kragpunt is. Veiligheid behoort ook ‘n oorweging te wees veral waar daar klein kindertjies is of as dit in ‘n publieke area is.

‘n ou Voëlbak, koperbak, houtvaatjie of trog met waterplante en ‘n vissie of twee, kan ‘n treffende waterfokus wees. Gebruik jou verbeelding!

‘n Ou pot kan afgeskuur, geseël en buite om geverf word en ‘n pompie kan geinstalleer word vir ‘n pragtige potfontein.

Pompe is relatief goedkoop en een-voudig om te installer. Gesels met ‘n kundige by jou naaste kwekery of harde-ware winkel oor die
keuse en sterkte van die pomp. tuinwater

Waterplante kan in drie groepe verdeel word. Plante wat in die water groei, plante wat waterliewend is en naby water groei, en dan die marginale plante wat beide in en buite die water groei, bv die Louisiana Irisse.

Al om die twee jaar moet ‘n mens die watertuin herbeplan. Die plante verdruk mekaar en party moet verdeel word. Verwyder die plante en maak die houer of dam skoon. Sny dooie takkies en blare af en herplant die plante in skoon houers Tuinbeligting saans, omskep die tuin in ‘n betowerende wêreld van lig en skadu. Moenie vergeet om die waterfokus te verlig nie!

Plante en water absorbeer en weerkaats wit lig beter as gekleurde lig. Die subtiele gebruik van lig om hoekies in die tuin en fokuspunte te verlig sal skoon, professionele resultate lewer.

Gedruende die wintermaande wanneer dit nie reën nie, is die ideale tyd vir die bou of installering van ‘n spesiale waterfokus. Vir meer inligting oor waterfokusse, verskaffers en geskikte waterplante, kontak my per e-pos : ronelck@telkomsa.net of skakel 082 948 2139
Tuingroete!

Ronèl Coetser

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.