Home » Community

Dankie!

5 September 2010 No Comment

Dankie vir die geleentheid om op hierdie manier afskeid te neem van iets wat my baie naby aan die hart lê.

Vir baie jare as lid van die Metro Polisie het ek die voorreg gehad om die publiek te kon bedien. Veral die verkeerbeheer by marathons en puntdiens was vir my die lekkerste.

Puntdiens by die kruising Rooihuiskraalweg / Panorama in Rooihuiskraal was my gunsteling waardeur letterlik duisende motoriste beweeg het.

Op hierdie manier wil ek graag baie dankie sê vir die goeie gesindheid en kosbare vriendskappe uit hierdie tydperk.

Die ouderdom het my ook ingehaal en 65jaar dwing my op pensioen.

Nogmaals baie dankie. Moenie my vergeet nie. ‘n Ou oproepie na 082 959 0973 sal rêrig waardeer word.

Ek groet jou Centurion – ek gaan julle mis!! Doep du Preez.

Namens die motoriste en lesers, sê ons ook dankie vir die wonderlike diens wat jy verrig het en vergesel ons beste wense jou met jou aftrede. Ons gaan jou ook mis! – Redakteur

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.