Home » General

VF+ verwelkom groot getal oorsese kiesers

3 April 2009 No Comment

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die groot aantal Suid-Afrikaners wat die Onafhanklik Verkiesingskommissie (OVK) in kennis gestel het dat hul in die eerskomende verkiesing in die buiteland hul stem gaan uitbring.

Die feit dat 80 000 Suid-Afrikaners die OVK reeds in kennis gestel het dat hulle by Suid-Afrikaanse missies in die buiteland op 15 April gaan stem, bewys dat die VF Plus se besluit om die aangeleentheid na die Grond wethof te neem, korrek was”, sê dr. Corné
Mulder, Hoofsweep van die VF Plus.

“Die VF Plus is ‘n party wat nie skroom om op te staan vir die regte van Suid-Afrikaners wat deur die ANC-regering misken word nie. Die 80 000 Suid-Afrikaners wat reeds aangedui het dat hulle op 15 April wil stem, kan dit doen weens die optrede van die VF Plus. Die VF Plus is ‘n party wat nie net slagspreuke op plakkate in verkiesings plaas en dit daarna vergeet nie, maar leef dit uit soos bewys deur die party se deurlopende aksies”, het dr. Mulder bygevoeg.

Ten spyte van die beslissing van die Grondwethof dat alle Suid-Afrikaners wat in die buiteland is en wat reeds geregistreer is as kiesers in die verkiesing mag stem, gaan ‘n groot aantal Suid-Afrikaners steeds nie kan stem nie.

Die party is oorval met klagtes van Suid-Afrikaners wat lang afstande van tot 4000 km moet aflê om by ‘n Suid-Afrikaanse missie in die onderskeie oorsese lande waar hulle woon te kan stem.

“Die party sal voortgaan om te verseker dat alle Suid-Afrikaners wat hulle in die buiteland bevind ten tye van die algemene verkiesing wat in 2014 gehou sal word, in die buiteland sal kan registreer en dat daar meer stempunte in die buiteland sal wees vir die verkiesing. Stemreg is ‘n onvervreembare reg wat nie deur die ANC-regering bepaal moet word nie”, was dr. Mulder se mening.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.