Home » Community, Kersboodskape

Kersboodskap deur Dr Pieter Mulder, Adjunkminister en Leier VF Plus

10 December 2010 No Comment

Nog ’n jaar is verby. Kersfees en 2011 storm op ons af

Ons almal smag na vrede en rus. Tog gaan ons ’n Kersfees tegemoet met alles behalwe vrede rondom ons.

Vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het, was die engele boodskap met Christus se geboorte. In ’n tyd soos hierdie het ons juis hierdie boodskap van Kersfees nodig.

’n Boodskap van hoop en van vrede tussen mense en met God. God se boodskap wat sê dat God alles nuut maak.

Twee duisend jaar gelede stuur God met een beweging die wêreld in ’n totaal ander rigting deur sy Seun na die aarde te stuur.

Wat ’n troos dat die toekoms nie deur ons alleen uitgekap hoef te word nie maar in Sy hande is.

Met een beweging kan God ook alles nuut en anders maak vir die Afrikaner en vir Suid-Afrika.

Dit is ’n tyd om dankbaar te wees teenoor God maar ook om dankie sê vir seëninge ontvang hierdie jaar.

Die VF Plus is dankbaar teenoor sy ondersteuners, sy lede, donateurs en belangstellendes wat hierdie jaar ’n suksesvolle jaar vir die VF Plus gemaak het.

Ek wens u ’n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.

As instrumente in God se hande gaan ons by die VF Plus ons bes doen om die nuwe jaar ’n beter jaar vir almal te maak.

Mag ons die krag en die wysheid daartoe ontvang.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.