Home » Community, Kersboodskape

Gee ʼn blywende Kersgeskenk

10 December 2010 No Comment

Kersboodskap van Kallie Kriel, Uitvoerende hoof: AfriForum

Wat wil u hierdie Kersfees as geskenk hê?

Die meeste mense se vinnige antwoord sal waarskynlik verwys na een of ander produk in een van die handelaars se Kersadvertensies wat nou oral te sien is.

Daar is natuurlik nie fout te vind daarmee dat vriende en familie hierdie soort presente vir mekaar gee nie.

Hierdie geskenke raak egter gou vergete.

Volgende jaar is daar ʼn nuwe, verbeterde model van die present, of indien dit speelgoed is, sal dit binnekort iewers onder in ʼn speelgoedkas weggebêre word.

My gebed is dat gesinne, families en lede van gemeenskappe, vanjaar – benewens materiële geskenke – ook blywende geskenke aan mekaar sal gee.

Hierdie blywende geskenke is om onvoorwaardelike liefde te betoon en diensbaar te wees aan mekaar.

Mag ons hierdie Kersfees weer besin oor die feit dat ʼn belangrike deel van die roeping wat ons van God ontvang het, is om ʼn verskil in die lewens van die mense rondom ons te maak.

Raak nouer betrokke by u gesin, familie en gemeenskap.

Dit is die blywendste geskenk wat u aan mense om u kan gee.

AfriForum wens u ʼn geseënde Kersfees en ʼn voorspoedige 2011 toe!

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.