Home » Sport

Leersame Ruiter Maneuver

26 January 2011 No Comment

Anton Salverda

Ook vandag se spel is gespeel tydens die junior wêreldkampioenskappe 2010 in Porta Carras.

Die speler met die swart stukke, Marcel Roberts van Hoërskool Waterkloof, het hierin ‘n imponerende oorwinning behaal oor Izat Kanan van Aserbeidjan, ‘n deelnemer met ‘n yslike gradering van bo die 2000! Gespeel in die afdeling 0/14.

Boonop bevat die spel ‘n leersame voorbeeld van hoe om die doeltreffendheid van die Ruiters optimal aan te wend.

Die basiese reël van hierdie strategie lees soos volg. ‘n Wit Ruiter op f5, asook ‘n swart Ruiter op f4 vorm dikwels ‘n beslissende ondersteuning van ‘n aanval teen die kort rokade posisies van swart en wit.

Kyk hoe Marcel die vol punt behaal het deur hierdie leerstelling as uitgangspunt te benut.

Die DIAGRAM wys die betrokke spelbeeld.

Wit se laaste skuif was 22. g3? wat vermoedelik alreeds die beslissende fout was, omdat dit verskillende van sy wit blokkies ernstig verswak.

Beter was dalk 22.Te3, waarmee skuiwe soos Rd3 en Rh3 verhoed word en wit byvoorbeeld deur ‘n skuif soos Tg3 sy koningstelling kon beveilig.

Kyk nou hoe Marcel hierdie nalatigheid pragtig uitbuit deur met sy sterk geplaaste Ruiter (blokkie f4!) voortdurend druk teen die wit blokkies uit te oefen.

22…,Rd3! 23.Te2,Re5! 24.Tc-e4, Rf3sk! 25.Kg2,Dh5! En nou dreig daar mat op h2. 26.h4,d5 27.Te7,d4 28.Re4,Dg4!

Onverpoos. 29.Tc2,Rxh4sk. 30.Kg1,Rf3sk. 31.Kg2,Dh5! 32.Dc4sk.

Wit probeer wanhopig tot aanval te kom. Hy was,waarskynlik tereg, van mening dat die eindspel hom na 32.Dh1,Dxh1sk. 33.Kxh1,Ta-e8 maar min kanse sou bied. 32…,Kh8 33.Db4.

Hiermee verhinder wit Rd2sk. maar swart se volgende skuif maak nogtans ‘n einde aan al wit se teenstand.

33…,d3! En wit het oorgegee. Na enige skuif met die Toring volg Dh2sk. en Dh1 mat.

Ten slotte wil ek Roland Bezuidenhout van die Centurion Skaakklub graag hartlik gelukwens met sy vertoning by vanjaar se S.A. skole skaak kampioenskappe waar hy die nasionale titel in sy afdeling gebuit het. Meer nuus hieroor binnekort.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.