Home » Community

Mandjiedanse nou gereeld by Voortrekkermonument

26 January 2011 No Comment

As gevolg van ‘n gesamentlike inisiatief van die Voortrekkermonument en die orkesleier, Manie Erasmus, sal daar nou elke maand lekker makietie by die Monument gehou word, want daar gaan gereeld op die eerste Vrydag van elke maand ‘n mandjiedans plaasvind.

Manie Erasmus is reeds vyftig jaar by die die Suid-Afrikaanse musiekbedryf betrokke en sy veelsydige orkes sal die volledige spektrum van musiek tydens elke mandjiedans dek – vanaf boeremusiek tot die populêre hedendaagse genre.

Die eerste van die mandjiedanse vind op 4 Februarie vanaf 19:00 plaas in die Voortrekkersaal op die piekniekterrein van die Voortrekkermonument Erfenisterrein.          Belangstellendes is welkom om hulle eie mandjies met eet- en drinkgoed saam te bring en daar is ook braaigeriewe wat gebruik kan word.

Toegang is R120 per paartjie of R70 per persoon, betaalbaar by die hoofhek op aankoms.

Navrae kan gerig word aan Hennie Coetzee by 012 326 6770 of Manie Erasmus op 082 445 4136.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.