Home » Community

Lanserialughawe brei uit

26 January 2011 No Comment

Die Lanserialughawe geniet reeds internasionale status sedert die opening van die lughawe in 1974.

Die lughawe word nie deur die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) besit nie, maar deur ’n konsortium van private beleggers.

Volgens die lughawebestuurder, Gavin Sayce brei die lughawe al hoe vinniger uit en is dit deesdae die eerste keuse vir streekvlugte in Suider-Afrika.

Vyf jaar gelede het ongeveer 100,000 mense die lughawe gebruik maar verlede jaar was die getal 1,2 miljoen mense.

Gavin Sayce sê die toenemende groei in passasiers wat van Lanseria gebruik maak, beteken die lughawe móét uitbrei.

Die konstruksie van die nuwe aanloopbaan is geskeduleer om eersdaags te begin. ’n Nuwe en bykomende eindpuntgebou, die opgradering van die parkeerarea en ‘n nuwe hotel vorm ook deel van die beplanning.

Die lughawe word tans grootliks deur die laekoste-lugdiens Kulula.com gebruik wat 76 geskeduleerde retoervlugte per week na Durban en Kaapstad bedryf.

Weens die sukses van Kulula.com, is die lughawe nou ook aanlokliker vir ander laekoste-lugdienste en word samesprekings met ander streek- en laekoste-lugdienste gevoer wat moontlik vanjaar van Lanseria gebruik wil maak.

Kulula.com se ’n alleenreg op Lanseria verval in Maart 2011 en hul mededinger, 1Time, sal van April 2011 ook van die lughawe gebruik maak.

Volgens Glenn Orsmond, uitvoerende hoof van 1Time, is al wat die lugdiens verhoed het om van Lanseria af te vlieg, die gebruikskontrak van vyf jaar wat Comair, die beheermaatskappy van Kulula.com, met Lanseria gesluit het.

Kulula.com het ook in 2010 aangedui dat hy sy vermoë by Lanserialughawe met tot 25% gaan uitbrei.

Gavin Sayce sê dat Lanserialughawe die meeste kommersiële vliegtuie, insluitend die Boeing 737-, 757-, Airbus A319- en A320-reekse kan hanteer.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.