Home » Arts & Culture

Nuwejaar, boeretroos, pannekoek en brood uit die bakoond

26 January 2011 No Comment

Wat is ‘n Nuwejaarsfees sonder boeretroos, pannekoek, varsgebakte brood, potjiekos, pap en kaaiings, braaivleis en gemmerbier?

Die Nuwejaarsfees deur die Pioniersmuseum, in samewerking met die ATKV, was ‘n kuierfees vir die hele gesin.
Benewens die heeldag sang en musiek, was daar weer iets vir almal: toutrek, jukskei, sakresies, sweepklap, nuwejaarsbaba-, oudste oom/tannie- en Mnr. & Mej. Nuwejaarskompetisies.
Die geskiedenis van die Pioniersmuseum was deurentyd in die kollig met kultuurdemonstrasies en begeleide toere by die Pioniershuisie wat uit die delwerstydperk dateer.

Op die foto konsentreer Annete Potgieter ernstig op een van die pannekoeke wat sy bak. Agter haar met koffie in die hand, wag vlnr: Sakkie Kotze (ATKV Direksielid); Kobus van Rooyen (ATKV Jakarandatak); Soekie Nel (Aksie en Woordvreugdetak); Mariet Conradie (Museumkurator) en Caroline Griesel (Pioniersmuseum) met ‘n warm brood uit die bakoond.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.