Home » Community

ATKV bekroon Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar 2010

26 January 2011 No Comment

Gawie Marais is as die Centurion Vrywillige Werker van die Jaar: Sportbevordering aangewys.

Hy is die voorsitter van die Centurion Fietsryklub en het reeds ‘n baie groot bydrae gelewer
om die Klub se openbare beeld te versterk en vele meer lede te werf.

Die klub se algemene administrasie, organisasie en finansiƫle posisie is ook onder sy leiding opgeknap en verskerp.
Die klub se prestasies tydens kompetisies het ook daartoe gelei dat Centurion Fietsryklub nou as een van die suksesvolle klubs gereken word en word gereeld deur ander klubs om raad, advies en leiding genader.

Willie Wagner is as die Centurion Vrywillige Werker van die Jaar: Jeugwerk aangewys.

Hy is al baie jare by die Sytze Wierdakommando in Centurion betrokke waar hy onder andere as mentor vir Gr. 11’s en 12’s wat vir die Hoofleierswag- en Presidentsverkennertoekenning wil kwalifiseer, optree.
Hy is ook leier en mentor vir al die Voortrekkerkommandos in Centurion.

Willie beywer homself om die waardes van geloof, respek, integriteit en trots by die jeug te vestig.
Hy neem as Gebiedsleier en kampleier van die Thaba Veldwerkkamp ook leiding ver buite die grense van Centurion.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.