Home » Arts & Culture

ATKV toekennings vir Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar

26 January 2011 No Comment

Die ATKV Centurion het weer vanjaar Centurion Vrywillige Werkers aangewys en vereer nadat nominasies van Centurion se inwoners ontvang is.
Gemeenskapsbeveiliging: Ds. Sampie Niemand het vier jaar gelede as vrywillige werker by beveiligingsaksies in sy woonbuurt betrokke geraak.

Hy het gehelp met die beplanning, struktuurbou, administrasie en vestiging van ‘n permanente Operasionele Sentrum in Pierre van Ryneveld wat vandag voltyds beman word.  Ds. Barnard is voorsitter van hierdie Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF).
Onder sy leiding is daar ook goeie verhoudinge met die SAPD en Sekuriteitsmaatskappye opgebou.

Die groter sigbaarheid van die SAPD in die woonbuurt is ook ‘n uitvloeisel van die vennootskap wat ontstaan het en die Forum se effektiewe funksionering word ook landswyd deur die SAPD as ‘n model aan ander woonbuurtes voorgehou.
Kultuurwerk: Ida de Klerk is al vir 38 jaar as vrywillige werker nog steeds by kultuurwerk in Centurion betrokke.

Sy is sedert 1972 steeds lid van die Monavonitak van die Vroue Landbou Unie (VLU) en was vir 23 jaar voorsitter. Ida is ook voorsitter van die Jakarandastreek wat die hele Gauteng insluit.
Sy is ook gereeld beoordelaar by verskeie VLU- en ander vroue aksies asook die Handwerkskou van die Centurion Raad vir Bejaardes van masjien-, brei-, en hekelwerk asook handvlyt in die algemeen.
Welsynswerk: Stephan van den Berg het as vrywillige werker, ‘n passie vir Centurion se inwoners wat deur armoede en werkloosheid geteister word.

Deur sy nie-winsgewende organisasie Potters Hands, fokus hy onder andere ook op werkskeppingsgeleenthede.
Hy bedryf onder andere ‘n sopkombuis in Centurion waar hy Vrydae vir tussen 30 en 40 werkloses op straat kos gee en vir hulle help werk soek.
Woensdae help hy weer onder andere huishulpe en pensioenarisse wat oogsorg nodig het.
Stephan is besig om sy welsynswerk uit te brei en wil die mense help met vaardigheidsontwikkeling deur onder andere ‘n groenetuin en kralewerk te vestig.

Op die foto is vlnr: Ds. Sampie Niemand, Ida de Klerk, Stephan van den Berg en Sakkie Kotze (ATKV)

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.