Home » Community

Nuwe jaar bring nuwe uitdagings

14 February 2011 No Comment

Die Centurion Sakekamer het op 25 Januarie 2011 die jaar afgeskop met ‘n lewendige netwerksessie by die Protea Hotel Waterfront Centurion.

‘n Groot aantal teenwoordigers het die sessie vir die eerste keer bygewoon wat toon dat daar daadwerklike belangstelling in die sakekamer is.

Die voorsitter, Louis Fivaz het ‘n oorsig van die sakekamer se bedrywighede in 2010 gelewer en die teenwoordigers ook kortliks oor die nuwe benaderings vir 2011 ingelig.

Die sakekamer beoog om die sentrale besigheidsgebied in 2011 met behulp van die nuutgestigte Tshwane Business Chamber te verbeter.

Die administratiewe kantoor se werksaamhede, insluitende die webtuiste wat deur Alwyn Kotze reggestel is en onderhou sal word, is in plek en word daar beoog om in Junie 2011 nog ‘n bemarker aan te stel. Alwyn het ook ‘n spesiale toekenning vir sy werk ontvang.

Nuwe kantore word ook in die nabye toekoms betrek en ‘n oopdeur-beleid sal gehandhaaf word.

Sakelui word aangemoedig om as lede aan te sluit en kan deur middel van die webtuiste hul bemarking aan ander lede bekend te stel.

Die Centurion Sakekamer se algemene jaarvergadering vind in Maart 2011 plaas en lede is uitgenooi om hul bydrae te lewer.

Daar word ook aan die twaalf bestuurslede spesifieke funksies toegedeel wat gedurende jaar verrig sal word.

Nuwe lede is ook tydens die werksessie voorgestel.

Louis Fivaz (voorsitter), Alwyn Kotze en Corne Freysen (vise-voorsitter).

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.