Home » Uncategorized

Laerskool Swartkop se uitblinkers

6 March 2011 No Comment

Abigail Havenga, Graad 5 leerling, het aan die Gauteng Skole Swem Kampioenskappe deelgeneem op 28 & 29 Januarie 2011 en het sy ‘n Silwer Medalje in beide die 50 meter & 100 meter Borsslag vir Dogters 0/11 verwerf.

—————————————————————————

Drie Jonge Dames het in die Modelcup Kompetisie uitgeblink

Van links na regs: Saskia Bester (Gr.6), 2 brons medaljes vir algehele derde plek in haar ouderdomsgroep 12 -15 en algehele derde plek vir fotogenies; Trisha Damas (Gr.6), 2 silwer medaljes in ramp en in ramp photographic en voor is Gaby Damas (Gr.3) brons medalje in photographic

—————————————————————————

Laerskool Swartkop was op 3 Februarie 2011 gasheer vir ‘n baie suksesvolle Atletiekbyeenkoms tussen hulleself, Laerskool Louis Leipoldt en Laerskool Doringkloof.

Die 9-jarige Graad 4 tweeling Michael & Ryan Salomon (in die groen hempies) spring blitsvinnig weg tydens die 100meter naellope vir Seuns 0/10.  Michael het loshande gewen en Ryan was 2de.

—————————————————————————

Victrix Ludorum Leerlinge vir 2011

Agter vlnr is Senior Victrix Ludorum, Maryna van Staden (Gr.6) en Senior Victor Ludorum, Brendon Skinner (Gr.6). Hulle is ook as die Victor en Victrix Ludorum van die Cluster Byeenkoms vir Laerskole wat plaasgevind het op 11 Februarie 2011 aangewys.

Voor vlnr is Junior Victor Ludorum, Dominic Dalhouzie (Gr.5) en Junior Victrix Ludorum, Danika Strydom (Gr.4)

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.