Partytjies word makliker gemaak
Centurion Ice Cream het in 1995 begin en in 1997 met Centurion Sweets saamgesmelt om ‘n eenstop partytjiewinkel vir die voordeel van die publiek daar te stel.
Weens uitbreiding moes groter persele gesoek word en in November 2001 verhuis die besigheid na Galwaysentrum, h/v Galway en Kilkennystraat, Bronberrick.
Centurion Ice Cream & Sweets is bekend vir hulle “Dipped Cones”, vrugte en melk ysies asook die groot verskeidenheid roomys, spons- en trou koeke wat deur hulle vervaardig word.
Eetbare prentjies of foto`s kan ook op roomys- of sponskoeke gesit word om die koeke meer persoonlik te maak.
Die winkel beskik oor ‘n groot verskeidenheid benodighede vir temapartytjies om veral kinderpartytjies spesiaal te maak!
Die voordeel van ‘n eenstop partytjiewinkel word ook verder vergemaklik met Bronberrick Vleismark wat direk langs Centurion Ice Cream & Sweets geleë is.
Vir meer inligting of om bestellings vir die heerlike koeke te plaas, besoek gerus die winkel of kontak hulle by telefoonnommer 012 654 2420.













Leave your response!