Home » Sport

Knap Mat Kombinasie

17 April 2011 No Comment

Anton Salverda

In skaakkringe is baie kenners van mening dat die mees volmaakte wenspel voortspruit uit ‘n deskundige behandeling van die opening gedeelte.

Dit volg deur die buit van die inisiatief in die midde spel deur die juiste strategie toe te pas en om tenslotte alles te kroon met ‘n beslissende kombinasie, by voorkeur ‘n mat kombinasie.

Aan hierdie uitspraak moes ek onwillekeurig dink toe ek vandag se spel onder oë gekry het.

Dit is eweneens gespeel tydens die S.A. Skole Kampioenskappe 2010, gedurende die individuele titelstryd in die afdeling, meisies o/14.

Die wenner van hierdie spel, Michelle Fisher van Gauteng Oos, het in ‘n hoë mate aan hierdie vereistes voldoen en kon uiteindelik die brons medalje inpalm met ‘n telling van 6,5 uit 9.

Wat haar oorwinning des te verdiensteliker maak is dat dit bewerkstellig is teen die hoogste gegradeerde meisie in hierdie afdeling, Monica Jansen van Rensburg van Gauteng Noord.

Dié spel volg hieronder met die spelers se gradering tussen hakies.

WIT, Michelle Fisher, (1405). SWART, Monica Jansen van Rensburg, (1705). Sisiliaans, Taimanov variant.

1. e4,c5 2. Rf3,e6 3. d4,cxd4 4. Rxd4,a6 5. Rc3, Dc7 6. Ld3,Rf6. In aanmerking kom ook 6…,b5 7. f4,Lb7 om op die damevleuel so gou as moontlik tot teenspel te kom.

Die verdere verloop. 7. Le3,Le7 8. 0-0,0-0 9. f4,d6 10. Df3,Rb-d7 11. g4!

Heeltemal ooreenkomstig die strategie van hierdie opening: ‘n onverwylde aanval teen die vyandelike Koning. 11…,Td8 12. g5,Re8 13. Dh5,g6 14. Dh6,Lf8 15. Dh4,Lg7 16. Tf3,Rf8 17. f5!

Die oopbreek van die f-lyn is onontbeerlik om hierdie aanval met welslae voort te sit.

17…,Db8 Ook hier was 17…,b5 gevolg deur 18…,Lb7 ‘n belangrike alternatief. 18. fxg6,fxg6 19. Df4,Dc7 20. Dh4,Dd7 21. a4! Teen 21…,b5 gerig. 21…,e5? Die beslissende fout, wat die diagonal a2-g8 onherstelbaar verswak.

Beter lyk 21…,d5. 22. Lc4sk! Goed gereageer en die inleiding tot ‘n knap kombinasie. Na 22…,Kh8 23. Ta-f1,Dg4sk. 24. Dxg4,Lxg4

Kyk na die DIAGRAM. 25. Txf8sk.Lxf8 26. Txf8sk.Kg8, was dit mat.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.