Home » Community

Suid-Afrikaanse Bosoorlog Veterane Vereniging (SABOV)

17 May 2009 No Comment

SABOV, oftewel die Suid-Afrikaanse Bosoorlog Veterane Vereniging, is ‘n nuwe organisasie gestig deur gewese Suid-Afrikaanse Weermag soldate vir die vergete soldate van die die Bosoorlog.

Die SABOV is ‘n nie-winsgewende, nieparty politieke en nasionale vereniging wat tuiste sal bied vir die vergete soldate van ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se geskiedenis. SABOV beywer hulle hoofsaaklik om die behoeftes en belange van die gewese Suid-Afrikaanse Weermag soldate te bevorder en wil graag as platform dien waardeur die unieke identeiteit van die soldate waardeer en erken sal word.

Die SABOV bied ook ‘n unieke kommunikasiekanaal waar soldate die geleentheid gebied word om medesoldate op te spoor, verhale van die oorlog te vertel en sodoende ‘n positiewe, opbouende beeld van die soldate uit te dra.

SABOV is ook in proses om ‘n struktuur daar te stel vir soldate wat fisiese en/of emosionele skade opgedoen het tydens die oorlog. “Die bosoorlog mag ongewild gewees het, maar nie die soldate nie.

Ons was elite soldate wat een van die beste onkonvensionele weermagte in die wereld beleer het. Na 23 jaar wil ons die stilswye verbreek deur te verenig in kameraderie en die erkenning, respek en waardering wat ons as die oorwinnaars toekom, ons eie maak”, se Robert de Vries, nuutverkose voorsitter van die Vereniging.

Die vereniging het reeds byval gevind. Honderde oud dienspligtiges het reeds geregistreer as lede en meer as 17 000 persone het reeds die webtuiste besoek. Vir die eerste maal is daar nou ‘n oop platform vir ons om ons ondervindinge en wedervaring te deel met wie ookal wil luister.

Alle belangstellendes kan die webtuiste www.sabwv.co.za besoek, of Robert de Vries by 076 909 9354 of Kobus du Plessis by 072 218 0345 skakel.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.