Home » Community

MIGHTY MEN Konferensie ‘n Reuse Sukses

17 May 2009 No Comment

 

Die langverwagte Mighty Men-konferensie het alle verwagtinge oortref.angus

Volgens die organiseerders het meer as 200 000 saamgetrek om “men of promise” te wees.

Dit was van meet af duidelik dat die mans nie saamgetrek het vir ’ lekker naweek nie.

Hulle moes primitiewe kampge-riewe en moeilike weersomstandighede trotseer om die naweek mee te maak. Die naweek was ook nie sonder insidente nie.

Na bewering het mnr. Japie van Vuuren CMA motorfietsryer oppad na Mighty Men dood verongeluk. Angus Buchan self het net na die Saterdag se oggenddiens ligte hartaanval gehad.

Net voordat die helikopter op-gestyg het om hom na Pietermaritzburg te neem, het 200 000 manne hulle hande in die lug opgesteek en op God vertrou vir wonderwerk vir oom Angus.

Koerante het berig dat Angus Buchan se ineenstorting gelei het na die vertrek van duisende mense. Verseker het enkeles vertrek, maar Saterdagaand het die manne weer bankvas God groot gemaak en het die “Amens” en “Jesus” oor die aarde gedreun.

Die mighty men het dit duidelik gemaak: Ons is nie hier vir oom Angus nie, ons is hier vir Jesus en ons land! Sondagoggend toe Angus die verhoog bestyg om kort boodskap te bring het dit oor die Natalse middel landskap gedreun: God is good, all the time!

Pietermaritzburgse kardioloog kon niks fout vind met Angus nie, en dit nadat die twee mediese dokters op die toneel volhou dat Angus hartaanval gehad het.

Hierdie was ‘n uitsonderlike byeenkoms in Suid Afrika en waar-skynlik een van dié geestelike hoogte-punt waaroor nog vir lank gepraat en die resultate in die daaglikse lewe van Suid- Afrikaners gesien gaan word Dr. Ernrich Basson

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.