Home » Community

Solidariteit maak voedselprysopname bekend

17 May 2009 No Comment

Solidariteit se nuutste verslag oor die resultate van sy maandelikse voedselprysopname toon dat Omo-waspoeier, Ricoffykoffie en Clover- volroommelk in die afgelope vier maande dié groot uitskieters was wat prysstygings in dié mandjie betref.

Omo se prys het met ‘n gemiddeld van R10,20 (21,1%) gestyg, terwyl Ricoffy en Clover-melk met ‘n gemiddeld van R6,66 (14,5%) en R3,36 (19,3%) onderskeidelik gestyg het.

Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit, sê dat die gemiddelde prysstyging van Solidariteit se voedselmandjie van 5,5% by Spar, Pick ‘n Pay en Checkers oor die afgelope vier maande grootliks aan dié produkte toegeskryf kan word.

Solidariteit is reeds sedert Januarie vanjaar met ‘n deurlopende prysstudie by spesfieke winkels van Spar, Pick ‘n Pay en Checkers in Pretoria besig. Die Solidariteitvoedselmandjie bestaan uit sowat 25 produkte. Die gepubliseerde lys sluit egter alle produkte wat tydens die afgelope vier maande by een van die supermarkte op ‘n spesiale aanbieding was uit.

Die gepubliseerde mandjie sluit in: Albany-wit en bruinbrood, Clover-volroommelk, Flora-kookolie, Stork-margarien, Selati-suiker, Tastic-rys, Fatti’s and Moni’smacaroni, Impala-mieliemeel, Ricoffy-koffie en Omo-waspoeier.

Die voedselmandjie het in April by Spar R7,95 (3,10%) meer, by Pick ‘n Pay R19,75 (8,2%) meer en by Checkers R12,80 (5,1%) meer as in Januarie vanjaar gekos. Tog is Pick ‘n Pay steeds die goedkoopste winkelkeuse vir dié spesifieke mandjie, gevolg deur Checkers en Spar.

Slegs twee produkte in die Solidariteitvoedselmandjie het die afgelope vier maande by al drie supermarkgroepe ‘n daling begin toon. Stork-margarien en Impala-mieliemeel se pryse het met ‘n gemiddeld van R5,24 (5,95%) en R2,40 (7,9%) onderskeidelik afgeneem.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.