Home » Featured

Centu-Jnr

31 May 2016 No Comment

Wierdas doen dit weer!

Laerskool Wierdapark is vir die tweede agtereenvolgende jaar, gesamentlik die wenners van Super 12 rugby en netbal.
Die 0/11A-rugbyspan het weggestap as wenners van hul finaal met ‘n wegholoorwinning van 19 – 0.
Die netbal is vir die tiende agtereenvolgende jaar die algehele wenners van die Super 12 netbal. Vier spanne wen hul afdelings en een span verower ‘n bronsmedalje.
By Wierdapark is die afrigters, spelers en ouers betrokke en is daar ‘n netbalkultuur van uitnemendheid onder die bekwame leiding van Christa Kruger, netbalorganiseerder vir die afgelope 11 jaar.
‘n Bydraende faktor tot die sukses is die waardevolle insette van dr. Else Jordaan, sportkundige en afrigter van die Fireballs-Brutal Fruitreeks, asook Minette Dempsey, motiveringskundige.
Kundige, toegewyde afrigters trotseer ure se wind en weer saam met hul spanne en is dit duidelik dat hul harde werk vrugte afwerp.
Laerskool Wierdapark is trots om te kan sê dat almal wat betrokke is by sport streef na sukses, terwyl hul steeds besef dat die waarde van skolesport in karakterbou lê.

Comments are closed.